Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 6/22 bl. 17
  • Natuurrampe—Help jou kind om dit te verwerk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Natuurrampe—Help jou kind om dit te verwerk
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Jou motor—Veilig of gevaarlik?
    Ontwaak!—1995
  • Help jou kind om droefheid te verwerk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Hoe om jou kinders te beskerm
    Ontwaak!—2007
  • Voed jou kind van kleins af op
    Die geheim van gesinsgeluk
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 6/22 bl. 17

Natuurrampe—Help jou kind om dit te verwerk

AARDBEWINGS, tornado’s, brande, oorstromings, orkane—hoe magteloos is ons tog wanneer ons voor die geweld van die natuur te staan kom! Volwassenes vind dikwels dat dit jare kan neem voordat die skrikwekkende geestesbeelde begin vervaag wat deur ’n natuurramp in hulle geheue gegrif is. Dit verbaas ons nie dat kinders dalk meer hulp nodig sal hê om ná sulke ondervindings te herstel nie.

Die Amerikaanse Federale Agentskap vir Noodoptrede (FEMA) sê dat kinders onmiddellik ná ’n ramp gewoonlik bang is dat (1) hulle alleen gelaat sal word, (2) hulle van die gesin geskei sal word, (3) die gebeurtenis weer sal plaasvind en (4) iemand beseer sal word of sal doodgaan. Wat kan jy as ’n ouer doen om jou kind se angs tydens die nadraai van ’n ramp te verminder? FEMA gee hierdie wenke.a

Probeer die gesin bymekaarhou. As julle bymekaarbly, word die kind gerusgestel en verlig dit sy vrees dat hy verlaat sal word. Moet kinders liewer nie by familielede of vriende of by ’n ontruimingsentrum laat terwyl jy gaan hulp soek nie. “Kinders word bang”, sê FEMA, “en hulle sal bekommerd wees dat ouers nie sal terugkeer nie.” Indien dit enigsins moontlik is, neem jou kind saam as jy êrens heen moet gaan. Sodoende “is die kanse minder dat [jou] kind aanhanklike gedrag sal ontwikkel”.

Neem tyd om die situasie kalm en goed te verduidelik. Vertel vir jou kind wat jy omtrent die ramp weet. Herhaal jou verduideliking ’n paar maal, indien nodig. Verduidelik wat volgende gaan gebeur. Jy kan byvoorbeeld sê: ‘Ons gaan vanaand almal saam in die skuiling slaap.’ Praat met kinders op hulle ooghoogte, al moet jy op jou knieë staan.

Moedig jou kind aan om te praat. “Kommunikasie kan baie daartoe bydra om ’n kind se angs te verminder”, sê FEMA. Luister na wat elke kind jou van die ramp en sy vrese vertel. (Vergelyk Jakobus 1:19.) Sê vir hom dat dit natuurlik is om bang te wees. As dit lyk of jou kind huiwer om te praat, kan jy vir hom sê dat jy ook bang is. As jy dit doen, sal dit miskien vir hom makliker wees om sy eie vrese uit te druk, en sodoende sal dit sy angs verminder. (Vergelyk Spreuke 12:25.) “Betrek die hele gesin by die bespreking, indien moontlik.”

Betrek kinders by skoonmaakbedrywighede. Gee vir kinders hulle eie werkies wanneer die huis skoon- en reggemaak word. “As hulle ’n werkie het, sal dit hulle help verstaan dat alles sal regkom.” Maar ’n baie klein kindjie het gewoonlik spesiale aandag nodig. FEMA verduidelik: “So ’n kind moet dalk meer fisiese sorg kry, meer vasgehou word; en dit maak dit moeiliker vir ouers om aandag te gee aan die ander dinge wat gedoen moet word. Daar is ongelukkig nie ’n kortpad nie. As daar nie in die kind se behoeftes voorsien word nie, sal die probleem langer duur.”

Een laaste punt moet in gedagte gehou word. FEMA raai ouers aan: “Jy moet uiteindelik besluit wat die beste vir jou kinders is.” As jy hierdie riglyne toepas, kan dit jou help om ’n moeilike situasie so goed moontlik te hanteer.

[Voetnoot]

a Geneem uit die publikasies Helping Children Cope With Disaster en Coping With Children’s Reactions to Hurricanes and Other Disasters, uitge- gee deur FEMA.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel