Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 4/22 bl. 3
  • Bloedvergieting in die naam van God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bloedvergieting in die naam van God
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Die eertydse Israeliete het oorlog gevoer – Hoekom doen ons dit nie?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • God se beskouing van oorlog in die ou tyd
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Watter godsdiens word deur God goedgekeur?
    Ontwaak!—1997
  • Wat sal jy vir ’n Moslem sê?
    Ons Koninkryksbediening—1999
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 4/22 bl. 3

Bloedvergieting in die naam van God

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN FRANKRYK

“In Die Naam Van God Maak Ons Dood En Sal Ons Aanhou Om Dood Te Maak”

DIE International Herald Tribune het onder die opskrif wat hierbo aangehaal word, gesê: “Hierdie eeu, wat deur yl besaaide optimiste as verlig beskou word, word net soos al sy voorgangers gekenmerk deur die verskriklike neiging wat mense het om mekaar dood te maak in die naam van God.”

Die skrywer het voorbeelde van godsdiensslagtings in vroeë eeue aangehaal. Toe het hy verwys na slagtings wat in die 20ste eeu plaasgevind het en tot die slotsom gekom: “Wat ons sien, is ’n skrikwekkende voortsetting van die wrede onverdraagsaamheid van vervloë eeue. Godsdiens is steeds ’n verskoning vir politieke geweld en gebiedsverowering.”

Party probeer vandag se godsdiensoorloë regverdig deur te sê dat God die uitwissing van Kanaäniete deur die eertydse Israeliete goedgekeur het. Maar dit regverdig nie dat verklaarde Christene vandag oorlog voer nie. Waarom nie? Omdat die Israeliete direkte opdrag van God ontvang het om op te tree as skerpregters van sy regverdige oordele teen demoonaanbiddende volke, wie se aanbidding growwe seksuele onsedelikheid en kinderoffers ingesluit het.—Deuteronomium 7:1-5; 2 Kronieke 28:3.

’n Bewys dat die oorloë van eertydse Israel nie gewone konflikte was nie, is die wonderdadige oorwinnings wat God die nasie gegee het. Die eertydse Israeliete is byvoorbeeld eenkeer aangesê om ramshorings, kruike en fakkels te gebruik—nie juis tipiese oorlogswapens nie! By ’n ander geleentheid het sangers stelling ingeneem voor ’n Israelitiese leër wat te staan gekom het voor ’n oorweldigende mag invallende leërs van verskillende nasies.—Rigters 7:17-22; 2 Kronieke 20:10-26.

Maar wanneer die Israeliete soms oorloë gevoer het wat God nie beveel het nie, het hulle nie sy seën gehad nie en is hulle verslaan (Deuteronomium 28:15, 25; Rigters 2:11-14; 1 Samuel 4:1-3, 10, 11). Israel se oorloë kan dus nie voorgelê word as ’n grondslag om die oorloë wat in die Christendom gevoer is te regverdig nie.

In die naam van godsdiens het Hindoes teen Moslems en Sikhs geveg; Sjiïtiese Moslems het teen Soennitiese Moslems oorlog gevoer en in Sri Lanka het Boeddhiste en Hindoes mekaar doodgemaak.

’n Tipiese voorbeeld van bloedvergieting in die naam van God was die oorloë wat gedurende die 16de eeu in Frankryk gevoer is. Die verhaal van hierdie oorloë sluit van die bloedigste hoofstukke in die geskiedenis van die Rooms-Katolieke en Protestantse godsdienste in Europa in. Kom ons ondersoek hierdie oorloë en kyk wat ons daaruit kan leer.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

U.S. Army photo

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel