Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 5/8 bl. 31
  • Bereken die koste van verhuising!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bereken die koste van verhuising!
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom moet ons verhuis?
    Ontwaak!—1994
  • Uitlanders—Waarom migreer hulle?
    Ontwaak!—1992
  • Kan jy ‘oorkom na Masedonië’?
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Uitlanders—’n wêreldwye probleem
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 5/8 bl. 31

Bereken die koste van verhuising!

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN SUID-AFRIKA

OORWEEG jy dit om na ’n ander land te verhuis? Het jy die koste bereken? Ons praat nie net van die finansiële koste nie. Die meeste mense oorweeg dit in elk geval om te verhuis sodat hulle ekonomiese sekuriteit kan geniet. Ons praat van die verskuilde koste wat te voorskyn kom eers nadat die eintlike verhuising verby is. Teen daardie tyd is dit gewoonlik te laat om terug te gaan. Die volgende punte is nie bedoel om jou te laat skrik nie, maar dit is die moeite werd om hulle in ag te neem:

“Om ’n nuwe taal te leer, verg nederigheid en inspanning. Dit is moeilik vir ’n volwassene om te vind dat selfs klein kindertjies dink hy is snaaks omdat hulle hom nie kan verstaan nie. Om alewig blapse te maak terwyl daar voortdurend vir jou gelag word omdat jy foute maak, is vir baie ’n geweldige beproewing wat hulle trots betref. Die lewe is ondraaglik eensaam vir uitlanders wat nie die plaaslike taal kan praat nie.”—Rosemary, ’n sendeling in Japan.

Jy meen dalk dat jy die taal goed genoeg ken om oor die weg te kom. Maar is jy seker dat jou hele gesin dit goed genoeg ken om gelukkig te wees oor die verhuising?

Wat sal die uitwerking op jou gesin wees as sommige lede omgepraat is om teen hulle sin te emigreer? “Party vroue [van Mexiko]”, sê die tydskrif Psychology of Women Quarterly, “het geen deel gehad aan die besluit om te immigreer nie en wou in die eerste plek nie immigreer nie, en hulle wou ook nie ná hulle geïmmigreer het in die Verenigde State bly nie.” Onder sulke omstandighede kan ’n gedwonge verhuising die gesinseenheid benadeel. Maar gestel slegs die broodwinner verhuis, wat dan?

Die boek Population, Migration, and Urbanization in Africa skat dat daar in een landjie in Suidelike Afrika wat oorwegend landelik is meer as 50 persent van die “volwasse mans op enige gegewe tydstip afwesig is”. Hierdie afwesigheid kan die gesin van hulle tevredenheid en bestendigheid ontneem. Dit laat ook die moontlikheid ontstaan dat huweliksmaats voor onsedelikheid kan swig. Hoeveel beter is dit tog as die gesin, of hulle nou besluit om te emigreer of nie, bymekaar kan bly! Gesinseenheid is iets wat geld nie kan koop nie.

Dan is daar die swaar las om vooroordeel die hoof te bied. “Ek het eers ‘kleur’ ontdek toe ek Engeland toe gekom het”, sê ’n Indiese emigrant. “Dit was verskriklik [om bewus te word daarvan]. ’n Bitter skok. Ek wou huis toe gaan om van alles af weg te kom.”—The Un-melting Pot.

Voordat jy dus verhuis, moet jy jou afvra: ‘Watter alternatiewe is daar? Kan ons nie tuis veranderinge aanbring nie? Sal dit werklik die moeite werd wees om na ’n ander land te verhuis?’ Dit is of is dalk nie die geval nie, maar voordat jy besluit, kan jy gerus hierdie goeie raad van Jesus in ag neem: “Wie van julle wat ’n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg het om dit te voltooi nie?”—Lukas 14:28.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel