Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 7/22 bl. 31
  • Wees selektief in jou keuse van vermaak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees selektief in jou keuse van vermaak
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om vermaak te kies
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Hoe om heilsame vermaak te kies
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • Jy kan heilsame vermaak vind
    Ontwaak!—1997
  • Kies vermaak wat Jehovah gelukkig maak
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 7/22 bl. 31

Wees selektief in jou keuse van vermaak

Watter uitwerking het vermaak op kinders? Alvin Poussaint, ’n opvoeder en dokter wat al 30 jaar met kinders werk, is daarvan oortuig dat kinders wat na rolprente kyk wat seks en geweld bevat daardeur geleer word dat sulke gedrag normaal is. Hy wys ook op ’n ander gevaar: “Ek het gesien dat kinders ná sulke rolprente huis toe gaan en skrikkerig—of uiters aggressief—word. Ek het gesien hoe ander weer van nuuts af aanhanklik raak of hulle duim suig of hulle bed natmaak.” Volgens hierdie dokter het deskundiges ander gebeurtenisse gedokumenteer wat sulke gedrag kan veroorsaak—fisiese of seksuele mishandeling of om in ’n oorlogsgebied te woon, om maar net ’n paar te noem. “Nie een van ons sou ’n kind gewilliglik in daardie situasies plaas nie”, verduidelik hy, “en tog doen ons niks om te keer dat hulle na rolprente kyk oor dinge wat ons beslis nie sou wou hê hulle in die werklike lewe moet sien nie.”

Christene het goeie rede om selektief te wees en om seker te maak dat die vermaak wat hulle kies nie Bybelbeginsels skend nie. Psalm 11:5 sê byvoorbeeld: “Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.” En die Christenapostel Paulus het geskryf: “Maak dus julle liggaamsdele wat op die aarde is dood wat betref hoerery, onreinheid, geslagslus, skadelike begeertes en hebsug . . . Verwyder dan nou al hierdie dinge van julle: gramskap, toorn, slegtheid, smadende taal en onwelvoeglike praatjies uit julle mond.”—Kolossense 3:5, 8.

Ouers moet derhalwe versigtig wees dat die vermaak wat hulle vir hulle kinders—en vir hulleself—kies nie “die werke van die vlees” bevorder nie (Galasiërs 5:19-21). Hulle moet selektief wees en let op die gehalte en hoeveelheid vermaak wat hulle geniet.—Efesiërs 5:15-17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel