Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 8/22 bl. 8-9
  • Die mag van reklame

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die mag van reklame
  • Ontwaak!—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Verbruikerskultuur
  • Advertensies se mag oor jou
  • Verlore in die wêreld van reklame
    Ontwaak!—1998
  • Die kuns van oorreding
    Ontwaak!—1998
  • Deel 6—Ekonomiese kommer—Wanneer sal dit eindig?
    Ontwaak!—1992
  • Kan jy die nuusmedia vertrou?
    Ontwaak!—2013
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 8/22 bl. 8-9

Die mag van reklame

LANK gelede is advertensie-onderbrekings op televisie met die volgende woorde ingelui: “En nou, ’n paar woorde van ons borg.” Borge is maatskappye wat betaal om hulle produkte te laat adverteer. Hoewel die “paar woorde van ons borg” ’n stortvloed van woorde geword het, verleen borge nog steeds finansiële steun aan die nuus- en vermaaklikheidsmedia—televisie, tydskrifte, koerante en radio. Gevolglik probeer borge beheer uitoefen oor wat in die media verskyn en wat nie.

Ter toeligting: In 1993 het ’n maatskappy wat ’n Duitse luuksemotor vervaardig aan 30 tydskrifte geskryf en geëis dat hulle motoradvertensies “net in ’n behoorlike redaksionele gedeelte” moet verskyn. Die brief het verduidelik dat die nommers van die tydskrifte waarin hulle advertensies verskyn nie enige materiaal moet bevat wat krities teenoor hulle motor, Duitse produkte of Duitsland self is nie. Dit is natuurlik nie verbasend dat hierdie maatskappy, wat R74,6 miljoen aan tydskrifadvertensies bestee, “’n behoorlike redaksionele gedeelte” sou verwag nie.

Dit is ook nie verbasend nie dat tydskrifte wat nuwe trourokke adverteer nie advertensies vir gebruikte trourokke aanvaar nie of dat koerante wat lyste van eiendomsagente publiseer ’n mens nie inlig oor hoe jy ’n huis sonder die hulp van ’n eiendomsagent kan koop nie. Dit behoort ons eweneens ook nie te verbaas dat die media wat sigarette of loterye adverteer nie rook of dobbel kritiseer nie.

Verbruikerskultuur

Die mag van reklame strek derhalwe verder as die verkoop van goedere. Dit bevorder ’n verbruikerslewenstyl, ’n algemene kultuur wat om materiële dinge draai.

Is daar enigiets verkeerd daarmee? Dit hang af wie jy vra. Adverteerders redeneer dat mense daarvan hou om artikels te koop en te besit; reklame is in hulle belang. Hulle sê boonop dat reklame werk skep, sport en die kunste borg, bekostigbare media help voorsien, kompetisie aanmoedig, produkte verbeter, pryse laag hou en mense in staat stel om ingeligte keuses te maak wanneer hulle iets koop.

Ander sê dat reklame mense rusteloos en ontevrede maak met wat hulle het en oneindige begeertes wek. Die navorser Alan Durning skryf: “Advertensies, net soos die tyd waarin ons leef, is onbestendig, genotsugtig, vol ideale en aangedryf deur die nuutste modes; hulle verheerlik die individu, idealiseer verbruik as die weg tot persoonlike vervulling en bevestig dat tegnologiese vooruitgang die dryfkrag agter ons lotsbestemming is.”

Advertensies se mag oor jou

Help handelsreklame dan om ons persoonlikheid en ons begeertes te vorm? Heel moontlik. Maar dit hang van ander invloede af of daardie invloed groot of klein is.

As ons deur Bybelbeginsels en -waardes gelei word, sal ons erken dat dit nie verkeerd is om materiële dinge te besit nie. God het per slot van rekening vir Abraham, Job, Salomo en ander met ontsaglike rykdom geseën.

As ons skriftuurlike beginsels toepas, sal ons aan die ander kant die ontevredenheid vermy van diegene wat deur ’n nimmereindigende soeke na materiële dinge na vervulling en geluk soek. Die Bybel se boodskap is nie “Koop totdat jy nie meer kan nie”. Dit sê eerder:

Vertrou op God. “Gee bevel aan dié wat in die teenswoordige stelsel van dinge ryk is om nie hooghartig te wees nie en om hulle hoop nie op onsekere rykdom te vestig nie, maar op God, wat ons alles ryklik vir ons genot verskaf.”—1Timoteus 6:17.

Wees tevrede. “Ons het niks in die wêreld ingebring nie, en ook kan ons niks uitdra nie. As ons dus voedsel, klere en onderdak het, sal ons met hierdie dinge tevrede wees.”—1 Timoteus 6:7, 8.

Wees beskeie. “Ek [wil] hê dat die vroue hulle met goed versorgde kleredrag moet versier, met beskeidenheid en gesonde verstand, nie met vorme van haarvlegtery en goud of pêrels of baie duur klere nie, maar soos dit vroue betaam wat bely dat hulle God vereer, naamlik deur goeie werke.”—1 Timoteus 2:9, 10.

Besef dat godvrugtige wysheid waardevoller as rykdom is. “Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer; sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede. Dit is ’n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.”—Spreuke 3:13-18.

Wees vrygewig. “Dit verskaf groter geluk om te gee as om te ontvang.”—Handelinge 20:35.

’n Mens sou kon redeneer dat hierdie reeks artikels self ’n vorm van reklame is, ’n vorm wat die opvatting “verkoop” dat geestelike waardes nie deur materiële waardes verdring moet word nie. Jy stem ongetwyfeld saam met daardie gevolgtrekking.

[Venster op bladsy 9]

Adverteer God se Koninkryk

Wat is een van die beste maniere om mense met ’n oortuigende boodskap te bereik? Die boek Advertising: Principles and Practice sê: “In ’n ideale wêreld sou elke vervaardiger persoonlik met elke klant kon praat oor die produk of diens wat te koop aangebied word.” Ware Christene maak God se Koninkryk al byna 2000 jaar vrywillig op hierdie manier bekend (Matteus 24:14; Handelinge 20:20). Waarom gebruik meer sakeondernemings nie hierdie metode om mense te bereik nie? Die boek verduidelik: “Dit is baie duur. Besoeke deur verkoopsmense kan heelwat meer as $150 [R745] per besoek kos.” Christene “adverteer” God se Koninkryk natuurlik as vrywilligers. Dit maak deel uit van hulle aanbidding.

[Prente op bladsy 8]

Die Bybel se boodskap is nie “Koop totdat jy nie meer kan nie”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel