Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 10/22 bl. 31
  • Hy het nie moed opgegee nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het nie moed opgegee nie
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulle is vasbeslote om nie moed op te gee nie
    Ontwaak!—1999
  • Wanneer die lewe ’n stryd is
    Ontwaak!—1994
  • Breinchirurgie—Hoe geloof my onderskraag het
    Ontwaak!—1990
  • Ek kom voor ’n mediese noodgeval te staan
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 10/22 bl. 31

Hy het nie moed opgegee nie

OP 5 Oktober 1995 is die 14-jarige Matt Tapio geopereer om ’n gewas op sy breinstam te verwyder. Dit was ’n kwaadaardige gewas. Dit was die eerste van baie operasies wat hy in die volgende twee en ’n half jaar sou ondergaan. Chemoterapie en bestraling het daarop gevolg.

Matt het in Michigan, VSA, gewoon waar hy ’n openbare skool en Christelike vergaderinge bygewoon het. Hy het geleenthede benut om met onderwysers en klasmaats oor sy oortuiging te praat, en hy het ook vir ander in sy openbare bediening getuig. Gedurende die talle kere wat hy in die hospitaal was—hy het 18 maande van die laaste twee en ’n half jaar van sy lewe in hospitale deurgebring—het hy honderde stukke Bybellektuur by mense gelaat wat hy daar ontmoet het.

Dit het baie keer gelyk of Matt nie sou bly leef nie, maar elke keer het hy weer beter geword. Eenkeer, op pad na die hospitaal, het hy stuiptrekkings gekry en opgehou asemhaal. Hy is deur kardiopulmonale resussitasie bygebring. Toe hy bykom, het hy begin huil en hardop gesê: “Ek’s ’n vegter! Ek’s ’n vegter! Ek gaan nie tou opgooi nie!” Mense het gesê dat dit Matt se geloof in God was wat hom so lank aan die lewe gehou het.

Matt het op 13 Januarie 1996 ’n groot begeerte verwesenlik toe hy as ’n simbool van sy toewyding aan Jehovah God gedoop is. Hy is in ’n privaat swembad gedoop weens die gevaar van infeksie. ’n Paar dae later was hy terug in die hospitaal vir nog ’n operasie. In Augustus 1997 het Matt weke lank aanhoudend opgegooi, maar sy toestand het ná nog ’n operasie gestabiliseer.

Deur alles heen het Matt ’n goeie humorsin behou en met die dokters en verpleegsters grappies gemaak. Hulle kon nie verstaan waarom hy so ’n wonderlike humorsin gehad het nie. Een van die dokters het vir hom gesê: “Matt, as ek jy was, sou ek die gordyne toegetrek het, my kop toegemaak het en vir almal gesê het om te maak dat hulle wegkom.”

In Februarie 1998 is Matt vir een van die laaste kere van die hospitaal af terug huis toe. Hy was so bly om te lewe en om tuis te wees dat hy onmiddellik nadat hy by die deur ingestap het, gesê het: “Ek is so gelukkig! Kom ons bid.” Hy het toe in gebed tot Jehovah gesê hoe gelukkig hy is. Twee maande later, op 19 April, het hy uiteindelik aan die kanker gesterf.

’n Opname van ’n onderhoud met Matt is vroeër tydens ’n vergadering van Jehovah se Getuies by die plaaslike Koninkryksaal gespeel. Hy is gevra: “Wat sou jy oor ons bediening en Christelike vergaderinge sê vir dié van ons wat ’n mate van gesondheid geniet?”

Matt het geantwoord: “Doen nóú wat jy kan. . . . Jy weet nooit wat kan gebeur nie. . . . Maar wat ook al gebeur, moet nooit ophou om van Jehovah te getuig nie.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel