Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 12/22 bl. 3-4
  • ’n Stortvloed van mensgemaakte chemiese stowwe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Stortvloed van mensgemaakte chemiese stowwe
  • Ontwaak!—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Meer chemiese stowwe, meer risiko’s?
  • Chemiese stowwe—Vriend en vyand?
    Ontwaak!—1998
  • Hoe giftig is jou huis?
    Ontwaak!—1998
  • Wanneer chemiese stowwe jou siek maak
    Ontwaak!—2000
  • Veelvuldige chemiese sensitiwiteit—’n raaiselagtige siekte
    Ontwaak!—2000
Ontwaak!—1998
g98 12/22 bl. 3-4

’n Stortvloed van mensgemaakte chemiese stowwe

HIERDIE eeu kan tereg die eeu van die chemie genoem word. Mensgemaakte chemiese verbindings het ons lewe verander. Ons huise, kantore en fabrieke is vol aërosolkannetjies, kunsmatige versoeters, skoonheidsmiddels, kleurstowwe, ink, verwe, plaagdoders, farmaseutiese middels, plastiek, koelmiddels, sintetiese tekstielstowwe—die lys lyk eindeloos.

Om in die wêreld se vraag na hierdie produkte te voorsien, beloop die wêreldwye produksie van chemiese stowwe volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) jaarliks ongeveer R9,5 biljoen. Die WGO berig dat sowat 100000 chemiese stowwe nou op die mark is en dat daar elke jaar tussen 1000 en 2000 nuwes hierby gevoeg word.

Maar hierdie stortvloed van chemiese stowwe laat vrae ontstaan oor watter uitwerking hulle op die omgewing sowel as op ons gesondheid het. Ons is ongetwyfeld besig om ons op ’n onbekende gebied te begewe. “Ons is almal deel van ’n eksperimentele geslag, en al die gevolge sal eers oor dekades bekend wees”, het ’n dokter gesê.

Meer chemiese stowwe, meer risiko’s?

Die mense wat die meeste deur chemiese besoedelstowwe geraak word, sê die WGO, is “arm, ongeletterde mense met min of geen toegang tot gepaste opleiding of basiese inligting oor die risiko’s wat verbonde is aan die chemiese stowwe waaraan hulle elke dag direk of indirek blootgestel word nie”. Dit is veral met plaagdoders die geval. Maar ons word almal deur chemiese stowwe geraak.

In sowat 20 persent van Kalifornië se waterputte, sê die boek A Green History of the World, is die besoedelingsvlak, waarby plaagdoders ingereken word, hoër as die amptelike veiligheidsgrens. “In Florida”, sê die boek verder, “is 1000 putte al weens besoedeling verseël; in Hongarye is 773 stede en dorpe se water ongeskik vir gebruik, in Brittanje is die besoedelingsvlak in tien persent van die waterhoudende grondlae hoër as die veiligheidsgrense wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie vasgestel is en in dele van Brittanje sowel as die Verenigde State kan kraanwater weens hoë nitraatvlakke nie vir pasgebore babas gegee word nie.”

Kwik is ’n ander nuttige maar potensieel giftige chemiese stof. Dit word in die omgewing vrygestel deur dinge wat wissel van skoorstene in nywerheidsgebiede tot miljarde buisligte. Lood kom eweneens in baie produkte voor, van brandstof tot verf. Maar soos kwik kan dit ook giftig wees, veral vir kinders. Blootstelling aan loodhoudende gasse kan die gemiddelde kind “se IK [met tot] vier punte” verminder, sê ’n verslag uit Kaïro, Egipte.

Volgens die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram word daar jaarliks sowat 100 ton kwik, 3800 ton lood, 3600 ton fosfate en 60 000 ton wasmiddels as gevolg van menslike bedrywighede in die Middellandse See gestort. Dit is te verstane dat die see in ’n krisis is. Maar dit is nie waar die probleem eindig nie. Trouens, die Verenigde Nasies het 1998 as die Internasionale Jaar van die Oseaan verklaar. Al die oseane regoor die wêreld word bedreig, veral weens besoedeling.

Hoewel ons talle nuttige produkte deur middel van chemiese tegnologie gekry het, veroorsaak ons gebruik van baie daarvan en die manier waarop ons daarvan ontslae raak groot skade aan die omgewing. Het ons, soos ’n koerantrubriekskrywer onlangs gesê het, onsself “gevangenes van vooruitgang” gemaak?

[Venster op bladsy 4]

Chemiese stowwe en chemiese reaksies

Chemiese stowwe is al die basiese stowwe waaruit die wêreld rondom ons bestaan, met inbegrip van die meer as eenhonderd basiese elemente, soos yster, lood, kwik, koolstof, suurstof, stikstof. Chemiese verbindings, of kombinasies van verskillende elemente, sluit dinge in soos water, sure, soute en alkohol. Baie van hierdie verbindings vind in die natuur plaas.

’n “Chemiese reaksie” is al gedefinieer as “’n proses waarin een stof chemies in ’n ander stof verander word”. Vuur is ’n chemiese reaksie; dit verander een ontvlambare stof—papier, brandstof, waterstof, ensovoorts—in ’n heeltemal ander stof of stowwe. Talle chemiese reaksies vind onophoudelik plaas, rondom ons sowel as binne-in ons.

[Prent op bladsy 3]

Die armes ly die meeste weens chemiese besoedelstowwe

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel