Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 3/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2001
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2000
  • Dbt—’n Idee voor sy tyd?
    Ontwaak!—2000
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 3/8 bl. 30

Van ons lesers

Kolletjies Die artikel “Kolletjies voor jou oë?” (8 Junie 2000) het my lewe aansienlik beïnvloed. Ek het die artikel gekry net drie dae voordat die retina in my regteroog gedeeltelik losgeraak het. Die simptome wat in die artikel beskryf is, het my laat besef hoe belangrik dit is om onmiddellik mediese behandeling te kry. Laserbehandeling is gebruik om die skade te herstel, gevolglik is my sig nie beskadig nie. Dankie vir sulke goed nagevorste, praktiese artikels.

C. V., Suid-Afrika

Propaganda Ek het nou net die nommer van 22 Junie 2000 klaargelees, en ek bedank julle vir die reeks “Moet jy alles glo wat jy hoor?” Waar ek woon, het dit iets algemeens geword om Sigeuners te spot. Mense spot met hulle omdat hulle glo só steel. Danksy die artikels besef ek dat sulke grappies ongepas is, en ek het besluit om nie sulke grappies te maak nie.

K. M., Tsjeggiese Republiek

Verblyf in die buiteland Dankie vir die artikel “Jongmense vra . . . Moet ek in die buiteland gaan woon?” (22 Junie 2000). Ek lees hierdie reeks gereeld, maar ek het al dikwels gevoel dat party van die gevare wat julle beskryf, oordryf word. Verlede jaar het ek na die buiteland gereis om kulturele betrekkinge tussen ons skool en ’n ander universiteit te bevorder. Hoewel dit ’n interessante ondervinding was, was dit vanuit ’n geestelike oogpunt nie voordelig nie.

M. P., Italië

Hierdie artikel en die artikel “Jongmense vra . . . Hoe kan ek my verblyf in die buiteland suksesvol maak?” (22 Julie 2000) was “voedsel op die regte tyd” vir my (Matteus 24:45). Ek het reeds besluit om ’n jaar lank in die buiteland deur te bring om ’n ander taal aan te leer. Ek is dus regtig dankbaar vir die wenke en praktiese punte.

I. Z., Switserland

Paaseiland Die artikel “’n Klein eiland leer ons ’n belangrike les” (22 Junie 2000) spreek die kommer uit van baie mense wat oor die omgewing besorg is. Maar volgens my is daar min mense wat op die gevare let wat ons in die gesig staar. Ek stort trane as ek dink aan hoe sleg mense hierdie aarde bestuur het.

K. M., Japan

Dagligbesparingstyd In verband met die artikel “DBT—’n Idee voor sy tyd?” (8 Julie 2000), is DBT dan werklik iets wat geprys moet word? Ons Grootse Skepper het die seisoene vasgestel. Wie het die reg om dit te manipuleer? Sogenaamde dagligbesparingstyd is iets abnormaals!

I. L., Duitsland

Ons artikel het nie DBT geprys of veroordeel nie. Ons het bloot verslag gelewer oor die fassinerende geskiedenis daarvan. God het geen spesifieke riglyne aangegee waarvolgens tyd gemeet moet word nie. Huidige stelsels van tydsbepaling is gevolglik deur die mens en nie deur God ingestel nie. DBT verander nie die seisoene nie. Na aanleiding van hierdie feite lyk dit nie of dit enige Goddelike beginsels skend as ons ons horlosies twee keer per jaar verstel nie.—RED.

Glimlag Dankie dat julle die nuttige artikel “Glimlag—Dit is goed vir jou!” (8 Julie 2000) gepubliseer het. Ek stem ten volle saam met wat dit sê. Dit het my daaraan herinner om altyd positief te dink sodat my glimlag opreg sal wees. Ja, as ons glimlag, help dit ons om vriende met ander te maak. Dit help ook om spanning te verdryf.

P. C., China

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel