Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 8/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Ondersteuning en medelye uit alle oorde
    Ontwaak!—2002
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2004
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2002
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—2002
g02 8/22 bl. 30

Van ons lesers

Moed te midde van ’n ramp Dankie vir die voorbladreeks “Moed te midde van ’n ramp—Die dag toe die Tweelingtorings geval het” (8 Januarie 2002). Hierdie artikels het my diep getref, en dit het my laat besef hoe tyd en onvoorsiene gebeurtenisse enigeen van ons kan raak. Dit maak my hartseer as ek dink aan al die mense wat hulle lewe verloor het.

S.B.R., Denemarke

Dankie dat julle “Tatiana se gebed” gepubliseer het. Ek het reeds trane in my oë gehad terwyl ek die voorbladreeks gelees het, maar toe ek hierdie venster lees, het ek hardop gehuil. Ek bid dat die kinders wat ’n ouer in die terreuraanvalle verloor het, geestelike vooruitgang sal maak sodat hulle in die nuwe wêreld met hulle ouers herenig kan word. Hierdie artikel het my ook gehelp om my waardering te vergroot vir die feit dat ek, as een van Jehovah se Getuies, ’n wonderlike hoop vir die toekoms het.

T. A., Japan

Hoewel ek in Duitsland woon, was die gebeure van 11 September vir my en my gesin skokkend. My negejarige dogter het drie maande later nog steeds prentjies geteken van ’n vliegtuig wat in ’n hoë gebou vasvlieg. Ons sien uit na die dag wanneer sulke tragedies iets van die verlede sal wees.

E. G., Duitsland

Toe ek sien wat in New York gebeur, het ek tot Jehovah gebid en hom gevra om die oorlewendes te versterk en die gesinne van die slagoffers hoop te gee. Terwyl ek hierdie artikels gelees het, het ek gesien hoe my gebede sowel as dié van baie ander verhoor is. Die wete dat ’n tragedie enige tyd kan plaasvind, het my aangespoor om my lewe te ondersoek.

M. V., Italië

Ons het veral die gedagtes waardeer van diegene wat persoonlik deur die gebeure geraak is. Die verslae van oorlewendes het ons oë vol trane laat skiet. Ons vra Jehovah om almal te help wat ly en bid dat hulle deur middel van die Ontwaak! vertroosting sal vind. As jongmense word ons deur die vrae aangespoor om na te dink oor ons lewenswyse en prioriteite. Ons hoop dat julle nooit sal ophou om hierdie tydskrif te publiseer nie.

T. M. en A. P., Slowenië

Ek is ’n 14-jarige hoërskoolleerling. Toe ek hierdie reeks lees, het ek die vrees verstaan wat met die voorval gepaardgegaan het. Ek het gesien hoe mense hulle lewe vir ander opgeoffer het. Ek het oor die nuus gehoor dat baie brandweermanne hulle lewe verloor het, maar dit was vir my nog nooit so werklik nie. Ek het gehuil toe ek die venster “Tatiana se gebed” gelees het. Gedurende my eerste jaar op hoërskool het ek ook my pa weens siekte verloor. Die venster het my laat dink: ‘Is die nuwe wêreld net so werklik vir my as wat dit vir Tatiana is?’ Ek wil hierdie tydskrif vir my onderwysers en baie van my vriende gee. Hou asseblief aan om hierdie wonderlike tydskrifte te druk!

H. T., Japan

Nuwe uitleg Dit is wonderlik om te sien hoe die voorkoms van die Ontwaak! verbeter het sedert ek die tydskrif in 1978 begin lees het. Toe ek deur die nommer van 8 Januarie 2002 geblaai het, het die bladsye werklik my aandag getrek. Die titels van die artikels staan uit, en die prente is asemrowend. Die uitleg maak dit selfs aangenamer om die tydskrif te lees. Ek is seker dat hierdie nuwe voorkoms nog baie opregte persone na Jehovah sal trek.

V.P.L., Brasilië

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel