God se naam op ’n Middeleeuse kasteel
DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN SLOWAKYE
SLOWAKYE is ’n klein maar baie mooi land in die hartjie van Europa. Daar is talle kastele in die skilderagtige platteland wat monumente van die streek se lang en ryk geskiedenis is. Een van die merkwaardigstes is die Orava-kasteel bo-op die 112 meter hoë kranse wat bo die aangrensende dorpie uittroon.
Die eerste geskiedkundige verwysings na die Orava-kasteel dateer uit 1267. Sedertdien het dit al baie eienaars gehad. In 1556 het dit die eiendom van die welgestelde Thurzó-familie geword. Benewens ander verbeterings en aanbouings het die Thurzó’s die kasteel se kapel gebou.
Elke jaar lok die Orava-kasteel en die uitstallings wat daar gehou word, tienduisende besoekers uit talle lande. In die binnehof kan besoekers iets van spesiale belang sien wat op ’n sandsteenreliëf van die Thurzó-familiewapen bewaar is. Die reliëf bevat God se Bybelse naam—Jehovah—in Latyn.