Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 9/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2004
  • Ons begeerte na vriendskap kan bevredig word
    Ontwaak!—2004
  • Hoe kan ons goeie vriende kies?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Het ek beter vriende nodig?
    Ontwaak!—2009
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 9/22 bl. 30

Van ons lesers

Vriende Sedert my ma se dood bykans vier jaar gelede het ek die geleentheid gehad om ’n paar goeie vriende te maak vir wie ek baie omgee. Die reeks “Hoe om ware vriende te maak” (8 Desember 2004) het my laat dink aan hoe dankbaar ek is om hulle as vriende te hê!

O. B., Verenigde State

Ek is 11 jaar oud, en om die een of ander rede kon ek nie vriende maak nie. Nadat ek hierdie reeks gelees het, het dinge verbeter. Ek het die tydskrif vir ’n klasmaat gegee wat gewoonlik sleg praat van ander. Vandat sy die artikels gelees het, probeer sy om dit nie meer te doen nie.

J. K., Pole

Hierdie artikels het my net weer laat besef dat ek ’n vriend moet wees as ek vriende wil maak—dat ek van myself aan ander moet gee, soos Handelinge 20:35 ons aanspoor. Julle raad was van onskatbare waarde.

A. K., Pole

Dit was nog altyd vir my moeilik om vriende te vind, selfs in die Christengemeente. Ek sien nou dat ek openhartig moet wees, die inisiatief moet neem en nie volmaaktheid van ander moet verwag nie. Jehovah gee werklik vir ons antwoorde op die regte tyd!

L. Z., Rusland

Weens ’n paar gesondheidsprobleme vind ek dit moeilik om met ander te assosieer. Ek het besluit om die inligting in hierdie reeks toe te pas. Die raad om jou hart oop te maak en jou ware gedagtes en gevoelens geleidelik te openbaar, het my baie gehelp.

N. M., Japan

Ek het gedurende pouse vir my skoolmaats van hierdie reeks vertel. Danksy hierdie tydskrif raak hulle vertroud met God se Woord. Hou asseblief aan om artikels te publiseer wat toon hoe prakties die Bybel vir alle mense is.

M. N., Japan

Ek het die antwoord op die vraag in die venster “Kan mans en vroue ‘net vriende’ wees?” met groot belangstelling gelees. Geen ander tydskrif of boek het al so ’n eenvoudige en duidelike antwoord gegee nie.

R. K., Duitsland

Julle artikels is altyd ’n groot hulp. Dit versterk ons in ons voorneme om baie vir Jehovah te doen en om hom ons vriend te maak. Baie dankie vir die aanmoediging!

R.V.H., Duitsland

Hierdie reeks is presies wat ek nodig gehad het. Ek is 15 jaar oud, en dit is vir my moeilik om vriende te maak. Die raad wat julle gegee het, sal vir my nuttig wees om vriendskappe aan te knoop en te behou. En om te dink dat ek gebid het vir raad oor hoe ek met ander oor my gevoelens kan praat!

B. E., Frankryk

Ongelukkig het van my vriende my onlangs in die steek gelaat, en ek het geweldig gely omdat ek alleen gevoel het. Dit is bemoedigend om te weet dat Jehovah ons nie verlaat nie. Dit was ook goed om die praktiese raad te lees en toe te pas oor hoe om ware vriende te vind.

C. C., Italië

Ek wil hê my dogter moet geestelike vooruitgang maak. Hierdie tydskrif beklemtoon dat mense van alle ouderdomme jou vriende kan wees. Ek weet dat hierdie reeks haar sal help. Dit het my al gehelp.

A. L., Verenigde State

Ek besef nou dat ek belangstelling in ander moet toon en my persoonlikheid moet verander as ek ’n ware vriend wil word. Ek is seker dat Jehovah my sal help.

M. Y., Kanada

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel