Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 12/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Ondersoek die bewyse
    Ontwaak!—2011
  • Waar het die instruksies vandaan gekom?
    Vyf belangrike vrae oor—Die oorsprong van lewe
  • “Rommel”-DNS?
    Ontwaak!—2005
  • Jou selle​—⁠Lewende biblioteke!
    Ontwaak!—2015
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 12/8 bl. 30

Van ons lesers

Moeders Dankie vir die pragtige reeks “Die rol van moeders as opvoeders” (22 Februarie 2005). Dit het my hart werklik geraak, en nadat ek dit gelees het, moes ek eenvoudig my ma bel. My ma het my en my broer alleen grootgemaak. Sy het self vir haar verdere opleiding betaal sodat sy vir ons kon sorg. Sy het gesorg dat ons gereeld Christelike vergaderinge bywoon en aan die bediening deelneem. Haar werk het vrugte afgewerp. Dankie dat julle my aan haar wonderlike voorbeeld herinner het.

M. S., Verenigde State

Ek is herinner aan my ma se selfopofferende poging om my geestelik en sedelik op te voed. Al het my pa haar nie emosioneel of finansieel ondersteun nie, het sy my geleer om Jehovah lief te hê. Sy het my ook aangemoedig om ’n voltydse evangeliedienaar te word. Ek dink ek het my ma se harde werk as vanselfsprekend aanvaar, maar soos die reeks gesê het, verdien sy om geprys te word. Ek het ’n langafstandoproep gemaak om vir haar dankie te sê!

C.H.K., Republiek Korea

My pa deel nie ons Christelike oortuigings nie. Dit was my ma wat my “in die dissipline en verstandsregulering van Jehovah” opgevoed het (Efesiërs 6:4). Dit was nie maklik vir haar nie, veral as ek dink aan die gesindheid wat ek soms geopenbaar het. Ek is nou 24 jaar oud en is dankbaar dat sy nie moed verloor het nie, maar volhard het om Bybelwaarheid in my hart in te skerp.

D. M., Italië

DNS Ek het die artikel “‘Rommel’-DNS?” (22 Februarie 2005) baie geniet. Ek het ’n paar jaar gelede ’n kursus in molekulêre biologie gevolg. Ek was verontwaardig omdat die handboek gesê het dat 95 persent van ons DNS rommel is! Die skrywer het wonderlike illustrasies gebruik om te verduidelik hoe DNS werk en die volgende oomblik het hy dit aan evolusie toegeskryf. Julle kan julle dus voorstel hoe gelukkig ek was toe ek in die Ontwaak! van sogenaamde rommel-DNS gelees het.

J. C., Verenigde State

Jongmense vra Die artikel “Jongmense vra . . . Hoe kan ek my emosies beheers?” (22 Februarie 2005) het my hart geraak. Ek is 31 jaar oud en is as ’n Christen grootgemaak, maar wat my persoonlikheid betref, is ek glad nie volwasse nie. Ek het onlangs histeriese woedebuie gehad, wat selfs vir my laat skrik het. Raad van my ma en ’n ander Christensuster het gehelp. En toe het ek hierdie artikel gekry—net op die regte tyd. Ek het dit al twee keer gelees en sal dit byderhand hou sodat ek kan leer om my emosies te beheers.

I. B., Duitsland

Gebaretaal Ek kan nie verstaan waarom daar soveel verwysings na doofheid is nie, waarvan die onlangsste die brokkie “Internetgebaretaal” in “Ons beskou die wêreld” (8 Februarie 2005) was. Ek is een van Jehovah se Getuies en is al baie jare lank bedrywig in die bediening. Maar ek moet sê dat ek nog nooit ’n dowe persoon in my bediening teëgekom het nie! Is die probleem van doofheid werklik so omvangryk?

Naam weerhou, Verenigde State

“Ontwaak!” antwoord: Volgens een studie is daar in die Verenigde State alleen omtrent 8 000 000 mense ouer as vyf jaar wat—selfs met die hulp van ’n gehoortoestel—gehoorprobleme het. Omtrent 1 000 000 van hulle moet deur middel van gebaretaal kommunikeer. ’n Ander studie in dieselfde land het getoon dat daar ongeveer 28 000 000 mense (van alle ouderdomsgroepe) is wat gehoorprobleme het en nie ’n gehoortoestel gebruik nie. Dit is moontlik om dowe persone teë te kom sonder dat jy dit besef, aangesien ’n mens nie kan sien dat iemand anders doof is nie. Wat meer is, as ’n dowe persoon saam met horende persone woon, sal ’n horende persoon gewoonlik na die deur toe kom.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel