Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 3/07 bl. 3
  • Jongmense op die Internet!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jongmense op die Internet!
  • Ontwaak!—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Kinders en die Internet—Wat ouers kan doen
    Ontwaak!—2008
  • Gebruik jou kind die Internet?
    Ontwaak!—2008
  • Kinders en die Internet—Wat ouers moet weet
    Ontwaak!—2008
  • Help jongmense om die uitdaging die hoof te bied
    Ontwaak!—2007
Sien nog
Ontwaak!—2007
g 3/07 bl. 3

Jongmense op die Internet!

Stel jou voor dat jou kind saans alleen in die strate ronddwaal.

Stel jou voor dat jou tiener ’n partytjie in jou huis reël waarvan jy niks weet nie.

Stel jou voor dat jou seun of dogter duplikate van jou huissleutels maak en aan volslae vreemdelinge uitdeel.

AS JOU kind toegang het tot die Internet, is die bogenoemde situasies dalk nie so vergesog soos dit klink nie. “Die Internet voorsien ’n ongeëwenaarde aantal en verskeidenheid moontlikhede om mense te ontmoet, van elektroniese bulletinborde tot kitsboodskappe tot webwerwe wat bedoel is om sogenaamde sosiale netwerke op te bou”, sê die tydskrif Science News.

Jongmense het gou aangepas by die lewe met die Internet. Trouens, in 2004 het byna 9 uit elke 10 mense in die Verenigde State tussen die ouderdomme van 12 en 17 die Internet gebruik, wat in feitlik elke uithoek van die aarde beskikbaar is.

Min mense sal ontken dat die Internet nuttig is. Maar niemand moet onbewus wees van die gevare wat dit inhou nie. Baie jongmense dwaal byvoorbeeld alleen rond in die Internet-buurt, en sommige skep sosiale netwerke met mense wat jy—en selfs jou kind—nooit in jou huis sou innooi nie.

Sommige naïewe jongmense sit selfs ongepaste persoonlike besonderhede, menings en beelde op die Internet. Volgens professor Zheng Yan van die Universiteit van New York “besef [jongmense] dikwels nie hoeveel mense, insluitende seksuele uitbuiters, toegang het tot daardie inligting nie”.

Kom ons ondersoek van naderby wat baie jongmense op die Internet doen. Dit sal ons in staat stel om moontlike probleme te identifiseer, om vas te stel presies waarna ons kinders soek en om te sien hoe ons hulle kan help om in hulle regmatige behoeftes te voorsien. Dit sal Christenjongmense ook help om die uitdaging die hoof te bied om gedurende hierdie moeilike tye aan God getrou te bly.—2 Timoteus 3:1-5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel