Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 6/08 bl. 21
  • Is Bloed wat vir MIV getoets is, veilig?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is Bloed wat vir MIV getoets is, veilig?
  • Ontwaak!—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom baie mense bloed weier
    Ontwaak!—1998
  • Vigs versprei in Afrika
    Ontwaak!—2002
  • Bloedoortappings—Hoe veilig?
    Hoe kan bloed jou lewe red?
  • Gawe van lewe of kus van die dood?
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 6/08 bl. 21

Is bloed wat vir MIV getoets is, veilig?

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN NIGERIË

◼ HIERDIE vraag het in Nigerië opgekom toe ’n babadogtertjie met MIV besmet is nadat sy ’n bloedoortapping by een van Nigerië se vooraanstaande hospitale ontvang het.

Volgens die hospitaal se mediese direkteur is Eniola kort ná haar geboorte met geelsug gediagnoseer. ’n Uitruiloortapping is voorgeskryf, en die pa het ’n paar eenhede bloed geskenk. Maar die pa se bloed was nie verenigbaar met sy dogtertjie s’n nie, en bloed uit die hospitaal se bloedbank is dus toegedien. Kort voor lank het die baba positief getoets vir MIV, hoewel albei ouers negatief getoets het. Volgens die hospitaal “was die bloed wat toegedien is, vir MIV getoets en was dit negatief toe dit in die baba oorgetap is”.

Hoe is die baba dan besmet? Die Nigeriese regering het die saak ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat die besmetting heel waarskynlik deur die oorgetapte bloed veroorsaak is. Die koerant Nigerian Tribune het ’n viroloog aangehaal wat gesê het: “Die skenker was in die vensterperiode van MIV-besmetting toe die bloed geskenk is.”

Dit is maar ’n enkele voorval, maar tog beklemtoon dit die feit dat bloedoortappings nie sonder enige risiko is nie. Die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming beskryf die MIV-vensterperiode en sê: “Dit kan ’n ruk duur voordat die immuunstelsel genoeg teenliggaampies vervaardig sodat die teenliggaampietoets dit kan opspoor, en hierdie tydperk wissel van persoon tot persoon. Oor die algemeen word daar na hierdie tydperk verwys as die ‘vensterperiode’. Die meeste mense sal binne 2 tot 8 weke (die gemiddelde is 25 dae) genoeg teenliggaampies ontwikkel sodat dit opgespoor kan word. Daar is nietemin ’n kans dat party langer sal neem. . . . In uitsonderlike gevalle kan dit tot 6 maande neem.”

Die feit dat bloed vir MIV getoets is, is dus geen waarborg dat dit veilig is nie. San Francisco se Stigting vir Vigs waarsku: “Hoewel MIV dalk nie gedurende die vensterperiode deur ’n toets opgespoor sal word nie, kan MIV wel gedurende hierdie tydperk oorgedra word. Trouens, mense is gedurende hierdie tydperk (kort nadat hulle aan MIV blootgestel is) dikwels op hulle besmetlikste.”

Jehovah se Getuies volg al lank die Bybel se riglyn om hulle “voortdurend te onthou . . . van bloed” (Handelinge 15:29). Die beskerming wat dit hulle bied, beklemtoon hoe verstandig dit is om God se voorskrifte te gehoorsaam. Om meer oor alternatiewe vir bloedoortappings te leer, sien asseblief die brosjure Hoe kan bloed jou lewe red?a

[Voetnoot]

a Uitgegee deur Jehovah se Getuies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel