Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 2/09 bl. 6-7
  • ’n Lewensbelangrike vloeistof

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Lewensbelangrike vloeistof
  • Ontwaak!—2009
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Noodsaaklik vir die aarde se “lugversorging”
  • Die getuienis van ’n unieke planeet
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
  • Water wat opborrel om die ewige lewe te gee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Waar die krisis ernstiger is
    Ontwaak!—1997
  • Die lewende planeet
    Is lewe geskep?
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 2/09 bl. 6-7

’n Lewensbelangrike vloeistof

WATER is ’n raaisel. Dit is terselfdertyd eenvoudig en kompleks. Elke molekule bevat net drie atome—twee waterstofatome en een suurstofatoom. Nogtans verstaan wetenskaplikes nog steeds nie ten volle hoe watermolekules werk nie. Maar wat ons almal weet, is dat water noodsaaklik is vir lewe, en dit maak omtrent 80 persent van die massa van alle lewende dinge uit. Kyk na net vyf kenmerke van hierdie verbasende vloeistof.

1. Water kan baie hitte absorbeer sonder dat die temperatuur daarvan wesenlik styg, en dit help om ’n matigende uitwerking op die klimaat te hê.

2. Water sit uit wanneer dit vries, wat daartoe lei dat ys dryf en ’n isolerende laag vorm. As water, soos ander stowwe, digter geword het wanneer dit vries, sou die mere, die riviere en die see van onder af vries en alles in ’n ysgraf begrawe!

3. Water is baie deursigtig, wat dit vir organismes wat lig nodig het, moontlik maak om op ontsaglike dieptes te lewe.

4. Watermolekules skep oppervlakspanning, wat ’n elastiese “membraan” vorm. Hierdie spanning maak dit vir insekte moontlik om op ’n dam rond te skarrel, veroorsaak dat druppels vorm en dra by tot kapillêre werking sodat selfs die hoogste bome van vog voorsien kan word.

5. Water is die doeltreffendste oplosmiddel wat aan ons bekend is. Suurstof, koolstofdioksied, soute, minerale en baie ander noodsaaklike stowwe kan daarin opgelos word.

Noodsaaklik vir die aarde se “lugversorging”

Die oseane bedek omtrent 70 persent van die aardoppervlak, en daarom speel hulle ’n groot rol in klimaatbeheer. Ja, die oseane en die atmosfeer vorm feitlik ’n eenheid, aangesien dit voortdurend hitte, water, gasse en momentum in die vorm van wind en golwe uitruil. Dit werk ook saam om hitte van die trope na die pole weg te voer en reguleer sodoende die aarde se temperatuur. Trouens, die oorlewing van die meeste organismes hang daarvan af dat temperature binne die perke bly waarin water ’n vloeistof is. “Dit lyk asof die aarde dit presies reggekry het”, sê die boek Rare Earth—Why Complex Life Is Uncommon in the Universe.

Die aarde is natuurlik ’n gevolg, nie ’n oorsaak nie. Maar is die oorsaak daarvan blote toeval, of is dit die werk van ’n wyse en liefdevolle Skepper? Volgens die Bybel is dit laasgenoemde (Handelinge 14:15-17). In die volgende artikel sal ons sien hoe die Bybel se beskouing gestaaf word deur bykomende bewyse—verbasende kringlope wat ons planeet skoon en gesond hou.

[Venster op bladsy 7]

DIE BYBEL IS WETENSKAPLIK AKKURAAT

Die aarde hang in die ruimte. “Hy span die noorde uit oor die leë ruimte, hang die aarde op aan niks.”—Job 26:7, omstreeks 1613 v.G.J. gesê.

Die aarde is rond. “Daar is Een wat bo die kring van die aarde woon.” —Jesaja 40:22, omstreeks 732 v.G.J. geskryf.

Water beweeg in ’n kringloop. “Al die winterstrome gaan uit na die see . . . Na die plek waar die winterstrome uitgaan, daarheen keer hulle terug om uit te gaan.”—Prediker 1:7, voor 1000 v.G.J. geskryf.

Die heelal word deur wette beheer. ‘Ek [Jehovah] het die insettinge [of, wette] van hemel en aarde vasgestel.’—Jeremia 33:25, voor 580 v.G.J. geskryf.

[Foto-erkennings op bladsy 7]

Magnetosfeer: NASA/Steele Hill; aurora: Collection of Dr. Herbert Kroehl, NGDC; rif: Stockbyte/Getty Images

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel