Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 2/09 bl. 8-9
  • ’n Spesiale voorsiening vir die mensdom

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Spesiale voorsiening vir die mensdom
  • Ontwaak!—2009
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Kennis wat tot die lewe lei
  • Die weg terug na die paradys
    Ontwaak!—1997
  • Jy kan ’n gelukkige toekoms hê!
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
  • Die lewe het ’n wonderlike doel
    Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
  • Sal ons aarde ooit vernietig word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 2/09 bl. 8-9

’n Spesiale voorsiening vir die mensdom

MENSE het meer as lug, voedsel en water nodig. Om werklik gelukkig te wees, moet ons ons geestelike behoefte bevredig. Ons moet weet wat die doel van die lewe is, waarom ons hier is. Daarom het Jesus Christus gesê: “Gelukkig is dié wat bewus is van hulle geestelike behoefte.”—Matteus 5:3.

God het dit vir ons moontlik gemaak om daardie behoefte te bevredig deur middel van die wyds verspreide heilige boek ter wêreld, die Heilige Bybel, wat nou in sy geheel of gedeeltelik in sowat 2 400 tale beskikbaar is (2 Timoteus 3:16). Die Bybel vertel vir ons dat God die heelal en alle lewe op aarde geskep het (Genesis, hoofstukke 1 en 2). Dit sê selfs vir ons dat hy sy skepping in ses figuurlike “dae”, of tydperke, verdeel het, waarvan die volgorde ooreenstem met die vernaamste geologiese tydperke wat deur wetenskaplikes vasgestel is.

Die Bybel openbaar ook God se voorneme met die mensdom. Daardie voorneme word geopenbaar in Psalm 37:29, wat sê: “Die regverdiges sal die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop woon.” Let op dat die regverdiges—dié wat sedelik en geestelik regskape is—vir ewig sal lewe, nie in die hemel nie, maar op die aarde. Die aarde sal natuurlik nie die besoedelde planeet wees wat dit vandag is nie. Dit sal eerder ’n aardwye paradys word.—Psalm 104:5; Lukas 23:43.

Kennis wat tot die lewe lei

Daardie paradys sal ’n fisiese sowel as ’n geestelike paradys wees. Jesaja 11:9 sê: “Die aarde sal beslis vol wees van die kennis van Jehovah soos die waters die see bedek.” Daardie kennis, wat op menseharte geskryf is, beweeg ware Christene selfs nou al om in vrede en harmonie met mekaar te lewe. Wat meer is, hulle neem die volgende woorde wat Jesus in gebed gesê het, ernstig op: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus.”—Johannes 17:3.

As jy meer wil leer omtrent die hoop wat in die Bybel uiteengesit word, sal Jehovah se Getuies jou met graagte kosteloos help.a

[Voetnoot]

a Jy kan ook met Jehovah se Getuies in verbinding tree by die webwerf www.watchtower.org.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel