Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • pr deel 5 bl. 20-22
  • Die lewe het ’n wonderlike doel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die lewe het ’n wonderlike doel
  • Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom God mense geskep het
  • Steeds God se voorneme
  • Wat is God se voorneme met die aarde?
    Wat vereis God van ons?
  • Die ware doel van die lewe
    Ontwaak!—1992
  • Waar is die Bybelse Paradys?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Sal die aarde ’n paradys wees?
    Ontwaak!—2008
Sien nog
Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
pr deel 5 bl. 20-22

Deel 5

Die lewe het ’n wonderlike doel

1, 2. Hoe weet ons dat God vir ons omgee, en waar moet ons na antwoorde op die vrae oor die lewe soek?

1 Die wyse waarop die aarde en die lewende dinge daarop gemaak is, toon dat hulle Skepper ’n God van liefde is wat werklik omgee. En sy Woord, die Bybel, toon dat hy omgee; dit gee ons die allerbeste antwoorde op die vrae: Waarom is ons hier op die aarde? en Wat lê vir ons voor?

2 Ons moet daardie antwoorde in die Bybel soek. God se Woord sê: “As julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat” (2 Kronieke 15:2). Wat toon ’n ondersoek van God se Woord dan aangaande sy voorneme vir ons?

Waarom God mense geskep het

3. Waarom het God die aarde geskep?

3 Die Bybel toon dat God spesifiek die mens in gedagte gehad het toe hy die aarde voorberei het. Jesaja 45:18 sê van die aarde dat God ‘dit nie geskape het om woes te wees nie, maar dit geformeer het om bewoon te word’. En hy het die aarde toegerus met alles wat mense nodig sou hê, nie net om te lewe nie, maar om die lewe ten volle te geniet.—Genesis, hoofstukke 1 en 2.

4. Waarom het God die eerste mense geskep?

4 In sy Woord vertel God hoe hy die eerste mense, Adam en Eva, geskep het en wat hy vir die mensdom in gedagte gehad het. Hy het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip” (Genesis 1:26). Die mens sou oor “die hele aarde” en al die diere daarop toesig hê.

5. Waar het die eerste mense gewoon?

5 God het ’n groot, parkagtige tuin in ’n gebied met die naam Eden gemaak, wat in die Midde-Ooste geleë was. Toe het hy “die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak”. Dit was ’n paradys met al die voedsel wat die eerste mense nodig sou hê. En daar was boonop ‘allerhande bome, begeerlik om te sien en goed om van te eet’ sowel as ander plante en al die interessante diersoorte.—Genesis 2:7-9, 15.

6. Met watter verstandelike en fisiese eienskappe is mense geskep?

6 Die eerste mense se liggame is volmaak geskep en hulle sou dus nooit siek word, oud word of sterf nie. Hulle is ook met ander hoedanighede, soos keusevryheid, begaaf. Genesis 1:27 verduidelik hoe hulle gemaak is: “God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” Aangesien ons na God se beeld geskep is, het ons nie net fisiese en verstandelike eienskappe ontvang nie, maar ook sedelike en geestelike hoedanighede, en hulle moet vervul word as ons werklik gelukkig wil wees. God sou die middele voorsien om daardie behoeftes sowel as die behoefte na voedsel, water en lug te bevredig. Soos Jesus Christus gesê het, moet “die mens . . . nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan”.—Mattheüs 4:4.

7. Watter opdrag het die eerste mensepaar ontvang?

7 Daarbenewens het God die eerste mensepaar ’n wonderlike opdrag gegee toe hulle in Eden was: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde” (Genesis 1:28). Hulle sou dus kon voortplant en volmaakte kinders kon voortbring. En namate die mensebevolking toegeneem het, sou hulle die genotvolle taak gehad het om die grense van die oorspronklike parkagtige paradys van Eden uit te brei. Mettertyd sou die hele aarde in ’n paradys omgeskep word en deur volmaakte, gelukkige mense bewoon word wat vir ewig kon lewe. Nadat God al hierdie dinge tot stand gebring het, sê die Bybel vir ons dat ‘Hy alles gesien het wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed’.—Genesis 1:31; sien ook Psalm 118:17.

8. Hoe moes mense na die aarde omsien?

8 Dit is duidelik dat mense die onderwerpte aarde tot hulle voordeel moes gebruik. Maar dit moes op ’n verantwoordelike wyse gedoen word. Mense moes die eerbiedige opsigters van die aarde wees en dit nie plunder nie. Die verwoesting van die aarde wat ons vandag sien, is in stryd met God se wil, en die optrede van diegene wat deel daaraan het, is strydig met die doel van die lewe op aarde. Hulle sal die prys daarvoor moet betaal, want die Bybel sê dat God ‘die verderwers van die aarde gaan verderf’.—Openbaring 11:18.

Steeds God se voorneme

9. Waarom is ons vol vertroue dat God se voorneme vervul gaan word?

9 Dit was dus van die begin af God se voorneme dat ’n volmaakte mensegesin vir ewig in ’n paradys op aarde woon. En dit is steeds sy voorneme! Daardie voorneme sal gewis vervul word. Die Bybel sê: “Die HERE van die leërskare het gesweer en gesê: Waarlik, soos Ek gedink het, so gebeur dit; en soos Ek besluit het, kom dit tot stand.” “Soos Ek dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen.”—Jesaja 14:24; 46:11.

10, 11. Wat het Jesus, Petrus en die psalmis Dawid omtrent die Paradys gesê?

10 Jesus Christus het gepraat van God se voorneme om ’n paradys op aarde te herstel toe hy vir ’n sekere man wat hoop vir die toekoms wou hê, gesê het: “Jy sal saam met my in die Paradys wees” (Lukas 23:43, NW). Die apostel Petrus het ook gepraat van die komende nuwe wêreld toe hy voorspel het: “Maar ons verwag volgens [God se] belofte nuwe hemele [’n nuwe regering wat uit die hemel regeer] en ’n nuwe aarde [’n nuwe aardse gemeenskap] waarin geregtigheid woon.”—2 Petrus 3:13.

11 Die psalmis Dawid het ook geskryf oor die inkomende nuwe wêreld en hoe lank dit sal voortbestaan. Hy het voorspel: “Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon” (Psalm 37:29). Dit is waarom Jesus belowe het: “Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.”—Mattheüs 5:5.

12, 13. Beskryf kortliks God se wonderlike voorneme vir die mensdom.

12 Wat ’n wonderlike vooruitsig is dit tog—om vir ewig te lewe op ’n paradysaarde, vry van goddeloosheid, misdaad, siekte, smart en pyn! In die laaste boek van die Bybel som God se profetiese Woord hierdie wonderlike voorneme op deur te sê: “God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.” Dit voeg by: “En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.”—Openbaring 21:4, 5.

13 Ja, God het ’n wonderlike voorneme in gedagte. Dit sal ’n nuwe wêreld van regverdigheid, ’n ewige paradys, wees wat deur die Een voorspel is wat sy belofte kan en gaan uitvoer, want sy “woorde is waaragtig en betroubaar”.

[Prent op bladsy 20, 21]

Dit was God se voorneme dat mense vir ewig op ’n paradysaarde lewe. Dit is steeds sy voorneme

[Prent op bladsy 22]

Die eienaar kan rekenskap eis van huurders wat sy huis verniel

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel