Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/09 bl. 24
  • Die Cyphochilus-kewer se dop

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Cyphochilus-kewer se dop
  • Ontwaak!—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Die dop van die diaboliese klipharde kewer
    Is dit ontwerp?
  • Die kewer se drukspuitstelsel
    Ontwaak!—2008
  • Lewendige juwele van die insekwêreld
    Ontwaak!—2004
  • Die sensors van die Melanophila-kewer
    Ontwaak!—2012
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 5/09 bl. 24

Is dit ontwerp?

Die Cyphochilus-kewer se dop

◼ Die dop van die Cyphochilus-kewer het oorvleuelende skubbe wat tien keer dunner is as ’n mensehaar. “Toe ek dit onder die elektronmikroskoop gesit het, was dit asof ’n ander wêreld vir my oopgegaan het”, sê dr. Pete Vukusic van die Universiteit van Exeter in Brittanje. “Dit was absoluut merkwaardig.”

Dink hieraan: Wat Vukusic gevind het, was die verklaring vir die kewer se skitterwit kleur, wat niks met pigment te doen het nie. Die geheim lê in die grootte van die filamente waaruit die skubbe bestaan asook die spasies tussen die filamente. Hierdie struktuur verstrooi lig op ’n buitengewoon doeltreffende manier. “Industriële mineraalbedekkings, soos dié wat op hoëgehaltepapier en -plastiek gebruik word, asook in sommige verwe, sou twee keer so dik moes wees om so wit te wees”, berig Science Daily.

Wetenskaplikes meen dat die Cyphochilus se dop help om hom te kamoefleer op die wit swam waar hy dikwels voorkom. Maar deskundiges stel meer belang in hoe die geheim van hierdie kewertjie se kleur die mens tot voordeel kan strek—byvoorbeeld in die ontwikkeling van ultrawit sintetiese stowwe. Vukusic sê dat dinge soos die papier waarop ons skryf, die kleur van ons tande en selfs die helderheid van ligte “aansienlik verbeter sal word as tegnologie van die ontwerpkonsepte gebruik kan maak wat ons by hierdie kewer sien”.

Wat dink jy? Het die wit dop van die Cyphochilus-kewer per toeval ontstaan? Of is dit ontwerp?

[Prent op bladsy 24]

Die “Cyphochilus”-kewer is kleiner as jou vingerpunt (foto vergroot)

[Erkenning]

Department of Entomology, Kasetsart University, Bangkok

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel