Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/09 bl. 12-13
  • Wil God hê dat jy ryk moet wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wil God hê dat jy ryk moet wees?
  • Ontwaak!—2009
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Tyd om ryk te word?
  • ’n Tyd om lewens te red!
  • Ware voorspoed in God se nuwe wêreld
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Lewe ons in “die laaste dae”?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Is die einde van die wêreld naby?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Seën God ons met rykdom?
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 5/09 bl. 12-13

Die Bybel se beskouing

Wil God hê dat jy ryk moet wees?

“God het my ’n nuwe dag gegee! Een van die dae gaan ek ’n sessyferinkomste verdien!”

“Ek het groot drome—want die ganse hemel het groot drome.”

“God gee ons die krag om rykdom te verkry.”

“Ek is voorspoedig danksy die Boek [die Bybel].”

HIERDIE stellings weerspieël die beskouing van ’n aantal godsdiensgroepe wat materiële rykdom aan God se seën toeskryf. Hulle leer dat God, as jy die regte ding in sy oë doen, jou in staat sal stel om die goeie dinge van hierdie lewe te verkry en jou boonop ook in die hiernamaals sal beloon. Dié teologie is baie gewild, en boeke wat dit voorstaan, is blitsverkopers. Maar is hierdie “welvaartsteologie” in ooreenstemming met die Bybel?

Ons Skepper, wat in die Bybel “die gelukkige God” genoem word, wil beslis hê dat ons ’n gelukkige, suksesvolle lewe moet lei (1 Timoteus 1:11; Psalm 1:1-3). Boonop seën hy diegene wat hom behaag (Spreuke 10:22). Maar ontvang ons hierdie seën vandag bloot in die vorm van materiële voorspoed? Die antwoord word duidelik wanneer ons besef waar ons in die tydstroom is wat God se voorneme betref.

’n Tyd om ryk te word?

In die verlede het Jehovah God party van sy knegte met materiële rykdom geseën, waarvan die aartsvader Job en koning Salomo goeie voorbeelde is (1 Konings 10:23; Job 42:12). Tog het baie ander godvresende manne min gehad, soos Johannes die Doper en Jesus Christus (Markus 1:6; Lukas 9:58). Die punt? Volgens die Bybel handel God met sy knegte in ooreenstemming met sy voorneme vir hulle op daardie tydstip (Prediker 3:1). Hoe is hierdie beginsel vandag op ons van toepassing?

Bybelprofesieë openbaar dat ons in “die voleinding van die stelsel van dinge”, of “die laaste dae” van die teenswoordige wêreld, lewe. Hierdie tyd sou gekenmerk word deur oorloë, siekte, hongersnood, aardbewings en ’n agteruitgang van die samelewing—toestande wat die mensdom al sedert die jaar 1914 op ongeëwenaarde skaal teister (Matteus 24:3; 2 Timoteus 3:1-5; Lukas 21:10, 11; Openbaring 6:3-8). Kortom, hierdie wêreld is op die punt om soos ’n sinkende skip onder te gaan! Sou dit, in die lig van hierdie feite, sin maak dat God elkeen van sy knegte met materiële rykdom seën, of sou God ander prioriteite vir ons hê?

Jesus Christus het ons tyd met die dae van Noag vergelyk. Jesus het gesê: “Soos hulle in daardie dae voor die vloed was—hulle het geëet en gedrink, manne het getrou en vroue is in die huwelik gegee, tot die dag dat Noag in die ark ingegaan het; en hulle het geen ag daarop geslaan totdat die vloed gekom en hulle almal weggesleur het nie—so sal die teenwoordigheid van die Seun van die mens wees” (Matteus 24:37-39). Jesus het ons dag ook met die dae van Lot vergelyk. In Sodom en Gomorra het Lot se bure ‘geëet, gedrink, gekoop, verkoop, geplant en gebou’. “Maar op die dag dat Lot uit Sodom uitgekom het, het dit vuur en swael uit die hemel gereën en hulle almal vernietig”, het Jesus gesê, en hy het bygevoeg: “Net so sal dit wees op daardie dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar sal word.”—Lukas 17:28-30.

Daar is natuurlik niks mee verkeerd om te eet, te drink, te trou, te koop en te verkoop nie. Die gevaar is dat ons so verdiep kan raak in hierdie dinge dat ons geen ag slaan op die dringendheid van die tye nie. Vra jou dus af: ‘Sou God ons ’n guns bewys as hy ons seën met juis dié dinge wat ons lewens met afleidings sou vul?’a Inteendeel, hy sou ons grootliks benadeel. Dit is nie hoe die God van liefde sou optree nie!—1 Timoteus 6:17; 1 Johannes 4:8.

’n Tyd om lewens te red!

In hierdie kritieke tyd in die mensegeskiedenis het God se volk ’n dringende werk om te doen. Jesus het gesê: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom” (Matteus 24:14). Jehovah se Getuies neem hierdie woorde baie ernstig op. Daarom moedig hulle hulle bure aan om te leer omtrent hierdie Koninkryk en wat God se vereistes vir die ewige lewe is.—Johannes 17:3.

God verwag egter nie van sy getroue knegte om askete te wees nie. Hy wil eerder hê dat hulle vergenoeg moet wees met die noodsaaklikhede van die lewe sodat hulle hulle daarop kan toespits om hom te dien (Matteus 6:33). Dan sal hy seker maak dat daar in hulle materiële behoeftes voorsien word. Hebreërs 13:5 sê: “Laat julle lewenswyse vry wees van die liefde vir geld, terwyl julle tevrede is met die teenwoordige dinge. Want [God] het gesê: ‘Ek sal jou hoegenaamd nie verlaat of jou ooit versaak nie.’”

God sal hierdie woorde op ’n wonderlike manier vervul wanneer hy “’n groot menigte” ware aanbidders deur die einde van die teenswoordige stelsel van dinge heen behoue laat bly tot in ’n nuwe wêreld van vrede en ware voorspoed (Openbaring 7:9, 14). Jesus het gesê: “Ek het gekom sodat hulle [sy getroue volgelinge] lewe kan hê, en dit in oorvloed kan hê” (Johannes 10:10). Hierdie ‘oorvloedige lewe’ verwys nie na ’n lewe van materiële voorspoed in die teenswoordige stelsel nie, maar na eindelose lewe in die Paradys onder God se Koninkryksheerskappy.—Lukas 23:43.

Moenie met minder tevrede wees deur mislei te word deur ’n sogenaamde welvaartsteologie, wat in werklikheid ’n teologie van afleiding is nie. Slaan eerder ag op Jesus se liefdevolle maar dringende woorde: “Let op julleself dat julle harte nooit beswaar word met oormatige etery en strawwe drinkery en sorge van die lewe, en dié dag skielik, in ’n oomblik, oor julle kom soos ’n strik nie.”—Lukas 21:34, 35.

[Voetnoot]

a Soos in die eerste eeu, is daar vandag ook getroue Christene wat welgesteld is. God waarsku hulle egter om nie op hulle rykdom te vertrou of daardeur afgelei te word nie (Spreuke 11:28; Markus 10:25; Openbaring 3:17). Ryk of arm, almal moet hulle daarop toelê om God se wil te doen.—Lukas 12:31.

HET JY AL GEWONDER?

◼ Waarvoor is dit nou die vasgestelde tyd?—Matteus 24:14.

◼ Jesus het ons tyd met die tye van watter Bybelkarakters vergelyk?—Matteus 24:37-39; Lukas 17:28-30.

◼ Wat moet ons vermy as ons die ewige lewe wil verkry?—Lukas 21:34.

[Lokteks op bladsy 13]

Die sogenaamde welvaartsteologie is in werklikheid ’n teologie van afleiding

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel