Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 9/09 bl. 20
  • Hy hou stewig vas aan God se regterhand

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy hou stewig vas aan God se regterhand
  • Ontwaak!—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat het hulle ontdek by Jisreël?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Bybelgeografie—Is dit akkuraat?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • “Ek, Jehovah jou God, gryp jou regterhand vas”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Wanneer besorgdheid oor jou voorkoms ’n obsessie raak
    Ontwaak!—2004
Ontwaak!—2009
g 9/09 bl. 20

Hy hou stewig vas aan God se regterhand

◼ Jezreel is in Mexiko gebore met ’n seldsame velkwaal wat aangebore lamellêre igtiose genoem word. Dit het veroorsaak dat die vel op ’n groot deel van sy liggaam afdop en verhard. “Dit laat my afstootlik lyk”, verduidelik Jezreel, “maar die siekte is nie aansteeklik nie.”

Jezreel het van kleins af by verskeie hospitale behandeling ontvang. Toe hy twee was, is hy in ’n steriele omgewing in ’n afsonderingseenheid geplaas om infeksies te voorkom. Maar niks het sy velkwaal verbeter nie. Hy het sielkundige behandeling ontvang om sy gevoelens van verwerping te oorkom.

Mense wat dink dat Jezreel se siekte dalk aansteeklik is, vermy hom dikwels. Dit was vir hom veral moeilik toe hy nog ’n kind was en met ander kinders wou speel. Hy vertel: “Hulle het my gespot en my aaklige name genoem soos Mummie en Marsmannetjie.”

Aan die ander kant het die feit dat Jezreel aan hierdie sigbare kwaal ly, hom geleenthede gegee om met ander oor sy Bybelse hoop te praat. Mense nader hom dikwels en vra hom of hy gebrand het. Wanneer hy nee sê, vra hulle hom waarom hy dan so lyk. Hy verduidelik sy velkwaal en sê vir hulle dat daar tans nog geen genesing daarvoor is nie.

Dan voeg hy by: “Ek het die beste hoop in die wêreld, want Jehovah God belowe dat almal wat sy wette gehoorsaam, in ’n nuwe wêreld sal lewe waarin daar geen siekte en pyn sal wees nie” (Openbaring 21:3, 4). Om sy toestand op hierdie manier te bespreek, het Jezreel in staat gestel om Bybelstudies met mense te begin, en hy het die vreugde gesmaak om te sien hoe ’n hele paar van hulle medeaanbidders van God word.

“Ek is dankbaar dat ek in ’n Christengesin gebore is”, sê Jezreel, “en dat ek, as een van Jehovah se Getuies, hegte vriende het. Nie een van hulle verwerp my as gevolg van my voorkoms nie. Ek is op die ouderdom van 17 gedoop, en in die 14 jaar daarna het ek baie voorregte in die diens van ons Skepper geniet.”

Jezreel hou Jehovah se bemoedigende woorde in Jesaja 41:10, 13 in gedagte, wat lui: “Moenie bang wees nie, want ek is met jou. . . . Ek sal jou werklik stewig vashou met my regterhand van regverdigheid. Want ek, Jehovah jou God, gryp jou regterhand vas, ek wat vir jou sê: ‘Moenie bang wees nie. Ek sal jou help.’”

Om stewig aan Jehovah se regterhand vas te hou, het Jezreel gehelp om selfbewustheid te oorkom en die probleme wat met hierdie siekte gepaardgaan, die hoof te bied. Saam met miljoene ander wag hy op die vervulling van God se wonderlike beloftes.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel