Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/10 bl. 4
  • Raak meer gemotiveerd

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Raak meer gemotiveerd
  • Ontwaak!—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is God se beskouing van rook?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Sigarette—Wys jy dit van die hand?
    Ontwaak!—1996
  • ’n Wêreldwye epidemie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • “Jy kan ophou—Ons het!”
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 5/10 bl. 4

Raak meer gemotiveerd

“’n Vaste voorneme om te volhard in die poging om op te hou rook, is die belangrikste eienskap van rokers wat daarin slaag om op te hou.”—“Stop Smoking Now!”

EENVOUDIG gestel, as jy wil ophou rook, moet jy ten minste ’n sterk motivering hê om dit te doen. Hoe kan jy meer gemotiveerd raak? Om maar een ding te noem, dink aan hoeveel beter jy daaraan toe sal wees as jy ophou rook.

Jy sal geld spaar. ’n Pakkie sigarette per dag kan jou elke jaar tienduisende rande uit die sak jaag. “Ek het nooit besef hoeveel geld ek op tabak gemors het nie.”—Gjanoe, Nepal.

Jy behoort die lewe meer te geniet. “My lewe het begin toe ek rook opgegee het, en dit raak net al hoe beter” (Regina, Suid-Afrika). Wanneer mense ophou rook, is daar ’n aansienlike verbetering in hulle smaak- en reuksin, en gewoonlik het hulle meer energie en verbeter hulle fisiese voorkoms.

Jou gesondheid kan verbeter. “Mans en vroue van alle ouderdomme geniet groot en onmiddellike gesondheidsvoordele wanneer hulle ophou rook.”—Die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming.

Jy sal meer selfvertroue hê. “Ek het opgehou rook omdat ek nie wou hê dat tabak my baas moet wees nie. Ek wou die baas van my eie liggaam wees.”—Henning, Denemarke.

Jou familie en vriende sal daarby baat vind. “Rook . . . benadeel die gesondheid van diegene om jou. . . . Studies het getoon dat tweedehandse rook elke jaar die oorsaak is van duisende sterftes as gevolg van longkanker en hartsiekte.”—Amerikaanse Kankervereniging.

Jy sal jou Skepper behaag. “Geliefdes, laat ons ons van elke verontreiniging van die vlees . . . reinig” (2 Korintiërs 7:1). ‘Bied julle liggaam aan as ’n offerande wat heilig en vir God aanneemlik is.’—Romeine 12:1.

“Nadat ek geleer het dat God dinge afkeur wat die liggaam besoedel, het ek besluit om op te hou rook.”—Sylvia, Spanje.

Maar dikwels is net motivering nie genoeg nie. Ons het dalk ook die hulp van ander, insluitende ons familie en vriende, nodig. Wat kan hulle doen?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel