Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 6/10 bl. 22-23
  • Moet jy betaal vir kerkdienste?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moet jy betaal vir kerkdienste?
  • Ontwaak!—2010
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “’n Handelshuis”?
  • “Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee”
  • “God het ’n blymoedige gewer lief”
  • Is godsdiens net nog ’n manier om geld te maak?
    Nog onderwerpe
  • Jehovah het blymoedige gewers lief
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Hoe word ons bediening gefinansier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Hoe word dit alles gefinansier?
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 6/10 bl. 22-23

Die Bybel se beskouing

Moet jy betaal vir kerkdienste?

IN BAIE lande vra die leiers van sogenoemde Christelike godsdienste en nie-Christelike godsdienste geld vir die dienste wat hulle waarneem. Hierdie dienste kan doopplegtighede, troues of begrafnisse insluit. Die koste kan honderde of selfs duisende rande beloop.

Party geestelikes word deur regerings betaal om seremoniële en herderlike dienste te verrig en om daaglikse parlementêre vergaderinge met gebed te open. Sulke dienste word moontlik op prys gestel, en kerke het wel bedryfsuitgawes wat gedek moet word. Maar steun die Bybel die gebruik om geld vir kerkdienste te vra of mense selfs verplig te laat voel om te betaal?

“’n Handelshuis”?

Toe Jesus Christus op aarde was, het die Joodse godsdiensbeamptes en ander mense godsdiensgeleenthede gebruik om geld te maak, veral gedurende die Pasga. Het Jesus hierdie gebruik in ’n gunstige lig beskou? Nee! Trouens, die Bybel sê vir ons: “Hy het die muntstukke van die geldwisselaars uitgegooi en hulle tafels omgekeer.” Hy het gesê: “Hou op om die huis van my Vader ’n handelshuis te maak!”—Johannes 2:14-16.

In die tyd van die profeet Miga, wat gedurende die agtste eeu VHJ gelewe het, was daar ’n soortgelyke situasie. Die Bybel sê dat Israel se godsdiensleiers “geregtigheid verfoei” het en dat die priesters ‘net teen ’n prys onderrig het’. Hulle het egter terselfdertyd beweer dat hulle goddelike steun geniet en gesê: “Is Jehovah nie in ons midde nie?” (Miga 3:9, 11). Maar Jehovah God was nie in hulle midde om hulle te ondersteun nie. Hy het eerder hulle gedrag verafsku en dit baie duidelik gemaak deur middel van sy profeet.

Vandag maak baie godsdiensleiers van dieselfde gierige taktiek gebruik, en sodoende maak hulle ‘handelshuise’ van hulle plekke van aanbidding. Trouens, godsdiensorganisasies oor die algemeen dryf handel, en hulle maak dikwels baie geld deur ikone en allerhande ander godsdienstoebehore te verkoop.a—1 Johannes 5:21.

“Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee”

Toe Jesus sy apostels die opdrag gegee het om die goeie nuus te verkondig, die siekes te genees en selfs die dooies op te wek, het hy gesê: “Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee” (Matteus 10:7, 8). Ja, sy ware volgelinge was nie veronderstel om geld te vra vir hulle dienste nie. Bowendien het Jesus self die voorbeeld gestel deur ander te dien sonder om enige finansiële vergoeding te ontvang.

In navolging van Jesus se voorbeeld het die apostel Paulus sy bediening “kosteloos” uitgevoer (1 Korintiërs 9:18). Wanneer hy geld nodig gehad het, het hy tente gemaak (Handelinge 18:1-3). Hy kon derhalwe van homself en sy medesendelinge sê: “Ons is nie smouse van die woord van God soos baie mense nie” (2 Korintiërs 2:17). Maar sê nou fondse is nodig vir gemeentelike gebruik, miskien om ’n plek van aanbidding te koop of te huur?

“God het ’n blymoedige gewer lief”

Jehovah se Getuies verkry die nodige fondse deur middel van vrywillige bydraes. Hulle pas die beginsel toe: “Laat elkeen doen net soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie teësinnig of onder dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief” (2 Korintiërs 9:7). Daarom vra die Getuies nie geld vir hulle lektuur of vir hulle dienste, soos doopplegtighede, troues of begrafnisse nie. Hulle vra ook nie tiendes nie en stuur ook nie ’n kollektebord om by hulle vergaderinge nie. Enigiemand wat ’n bydrae vir hulle internasionale predikingswerk wil maak, kan dit in bydraebussies gooi wat onopsigtelik geplaas is in hulle plekke van aanbidding.

Regoor die wêreld finansier Jehovah se Getuies hulle Koninkryksale, Byeenkomssale, takkantore en drukkerye, asook hulle noodlenigingswerk, deur middel van vrywillige bydraes. Party kan, soos die behoeftige weduwee wat deur Jesus geprys is, net ’n klein bydrae gee (Lukas 21:2). Ander kan baie gee. Hoe dit ook al sy, diegene wat die beginsels in die Bybel gehoorsaam en gee wat hulle kan, geniet innerlike tevredenheid, God se ryk seën en ware geluk.—Handelinge 20:35; 2 Korintiërs 8:12.

[Voetnoot]

a Sien die artikel “Die Bybel se beskouing: Moet God deur middel van beelde aanbid word?” in die Ontwaak! van Augustus 2008.

HET JY AL GEWONDER?

● Wat het Jesus vir diegene gesê wat in die tempel handel gedryf het?—Johannes 2:14-16.

● Het die Christenapostel Paulus betaling vir sy dienste aanvaar?—2 Korintiërs 2:17.

● Met watter gesindheid wil Jehovah hê moet ons gee?—2 Korintiërs 9:7.

[Lokteks op bladsy 23]

“Hou op om die huis van my Vader ’n handelshuis te maak!”—Johannes 2:14-16

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel