Is dit ontwerp?
Die vlerk van die naaldekoker
● Party naaldekokers kan 30 sekondes lank sweef sonder om veel hoogte te verloor. Wat is hulle geheim? ’n Aërodinamiese vlerk wat heeltemal anders is as enigiets wat deur die lugvaartbedryf vervaardig word!
Dink hieraan: Die mikrodun vlerk van die naaldekoker is geriffel, met plooitjies wat keer dat dit buig. Wetenskaplikes het gevind dat die plooitjies die naaldekoker ook meer stygkrag gee terwyl hy sweef. “Dit is omdat lug in die holtes tussen die plooitjies sirkuleer en so gedeeltes met baie min lugweerstand skep, wat lugvloei oor die vlerk verbeter, wat stygkrag voorsien”, sê die tydskrif New Scientist.
Nadat die ruimtevaartingenieur, Abel Vargas, en sy kollegas die vlerk van die naaldekoker bestudeer het, het hulle tot die slotsom gekom dat “biologies geïnspireerde vlerke baie sal help met die ontwerp van mikrolugvaartuie”. Sulke vlieënde robotte, wat in ’n mens se handpalm kan pas en wat met ’n kamera of ander toerusting toegerus is, het ’n aantal praktiese gebruike, van die verkryging van inligting uit rampgebiede tot die monitering van besoedelingsvlakke.
Wat dink jy? Het die mikrodun, geplooide vlerk van die naaldekoker per toeval ontstaan? Of is dit ontwerp?
[Prent op bladsy 25]
Die naaldekoker-mikrorobotvliegtuig weeg 120 milligram, is ses sentimeter wyd en het papierdun silikonvlerke wat klap wanneer dit deur elektrisiteit aangedryf word
[Erkenning]
© Philippe Psaila/Photo Researchers, Inc.