Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/10 bl. 13
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2010
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Kinders wat nie kan kommunikeer nie
  • Ierse kerke sonder priesters?
  • Magnetiese noord verskuif
  • Geheimsinnige Ruiters Van Die Hemelse Winde
    Ontwaak!—1993
  • Bedell se Bybel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—1999
  • Ontmoet die Ierse wolfhond
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 10/10 bl. 13

Ons beskou die wêreld

Kanadese navorsers wou die uitwerking van pornografie op mans ondersoek. “Ons het ons navorsing begin deur te soek na mans in hulle twintigerjare wat nog nooit na pornografie gekyk het nie”, verduidelik ’n spanlid, maar “ons kon niemand vind nie”.—UNIVERSITEIT VAN MONTREAL, KANADA.

Die wêreld se hoogste gebou, die Burj Khalifa, is verlede Januarie in Doebai geopen. Die toring is 828 meter hoog, het meer as 160 verdiepings en kan 95 kilometer ver gesien word.—GULF NEWS, VERENIGDE ARABIESE EMIRATE.

“Hervormde Judaïsme is nutteloos as dit nie met veranderende tye tred hou nie. Onlangs is daar in die liturgie ’n spesiale gebed ingesluit vir mense wat ’n geslagsveranderingsoperasie ondergaan.”—THE NEW YORK TIMES MAGAZINE, VSA.

Kinders wat nie kan kommunikeer nie

Vandag se ouers bestee minder tyd daaraan om tydens maaltye met hulle kinders te praat of slapenstyd vir hulle te lees as ouers uit vorige geslagte. “Party kinders wat met laerskool begin, praat soos ’n kind van net 18 maande, en al hoe meer kan nie eenvoudige sinne maak nie”, berig The Times van Londen. In Brittanje “het 18 persent van vyfjarige kinders (meer as 100 000) nie die verwagte spraakvermoë vir hulle ouderdom nie”. Baie kinders wat nie basiese instruksies kan verstaan of wat nie kan sê wat hulle nodig het nie, is dus “soos buitelanders in die klaskamer”, wat nie kan verstaan wat aangaan nie.

Ierse kerke sonder priesters?

“Ons sien nou die einde van ’n Katolieke Kerk wat deur geestelikes oorheers word”, sê The Irish Times. Vyftig jaar gelede het Ierland meer priesters opgelewer as enige ander land. Aangesien die geestelikes in Ierland al hoe ouer word, beteken dit nou dat party gemeentes binnekort, wanneer hierdie priesters die aftreeouderdom van 75 bereik, sonder priesters sal wees. Die oorsaak van die krisis is volgens party die deurslaggewende besluit om kunsmatige geboortebeperking te verbied, wat in 1968 in die pouslike sendbrief Humanae Vitae gepubliseer is. Hierdie dokument, sê die Times verder, het eers daartoe gelei dat “mense die leringe van die Kerk begin bevraagteken het”, en daarna het dit tot “’n afname in vertroue in kerkleierskap” gelei.

Magnetiese noord verskuif

Toe die ligging van die magnetiese Noordpool in 1831 bepaal is, was dit in die noorde van Kanada, “omtrent 2 750 kilometer van die geografiese Noordpool af”, sê die Franse koerant Le Figaro. Tot en met 1989 het die magnetiese noord teen 5 tot 15 kilometer per jaar nader aan die geografiese pool beweeg. Volgens Parys se Instituut vir Aardfisika beweeg die magnetiese pool tans “teen sowat 55 kilometer per jaar” en was dit in 2007 slegs 550 kilometer van die geografiese pool af. Teen die huidige spoed en rigting sal die aurora borealis, of noorderlig, wat met die magnetiese noord gepaardgaan, teen 2020 “duideliker bo Siberië gesien kan word as bo Kanada”, sê die koerant.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel