Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/11 bl. 19
  • Is jou lippe “kosbare houers”?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is jou lippe “kosbare houers”?
  • Ontwaak!—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Die lippe van waarheid sal vir ewig bestaan’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Wandel op ‘die pad van regskapenheid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • ’n Wyse spreuk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2011
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 5/11 bl. 19

Is jou lippe “kosbare houers”?

● “Daar is goud, ook ’n oorvloed van korale; maar die lippe van kennis is kosbare houers”, het koning Salomo van ouds geskryf (Spreuke 20:15). Goud is nog altyd as waardevol beskou, en in Salomo se dag was korale ook kosbaar. Maar jou lippe kan selfs kosbaarder wees. Hoe? Nie weens hulle fisiese voorkoms nie, maar weens die gedagtes wat hulle uitspreek.

Kosbare lippe dra goedheid, goedhartigheid en liefde oor. En omdat hulle “lippe van kennis” is, praat hulle die waarheid oor God soos dit in die Bybel opgeteken is. Ja, hierdie eeue oue boek is vol wysheid en waarheid oor ons Skepper en bevat ook uitstekende raad vir die lewe.—Johannes 17:17.

Ongelukkig misbruik baie mense hulle lippe deur dinge omtrent God te sê wat nie waar is nie. Party blameer hom byvoorbeeld vir die ongeregtigheid en lyding in die wêreld, hoewel die mensdom self vir baie daarvan verantwoordelik is. In dié verband sê Spreuke 19:3: “Party mense bring rampspoed oor hulleself weens hulle eie dwaasheid en blameer dan die Here.”—Today’s English Version.

Ander verminder die waarde van hulle lippe deur onopregte spraak, skadelike skinderpraatjies of selfs laster. Spreuke 26:23 gebruik kragtige beeldspraak waar dit sê: “Soos silwerglasuur waarmee ’n erdeskerf oorgetrek is, is vurige lippe tesame met ’n slegte hart.” Soos “silwerglasuur” wat die erdewerk daaronder verberg, kan “vurige lippe”, wat sterk gevoelens en selfs opregtheid oordra, in werklikheid “’n slegte hart” verberg.—Spreuke 26:24-26.

Sulke slegtheid is natuurlik nie vir God verberg nie. Hy sien wat ons werklik is! Daarom het Jesus Christus gesê: “Maak eers die binnekant van die beker en van die skottel skoon, sodat die buitekant daarvan ook skoon kan word” (Matteus 23:26). Hoe waar is dit tog! Wat meer is, innerlike reinheid, of suiwerheid, tesame met ’n hart wat met geestelike waarheid gevul is, sal in ons woorde weerspieël word. Die gevolg? Ons lippe sal “kosbare houers” wees, veral in God se oë.

[Prent op bladsy 19]

Die lippe van die wyses is “kosbare houers”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel