Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 9/11 bl. 18
  • “Skryf vir Anton!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Skryf vir Anton!”
  • Ontwaak!—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2011
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2003
  • Suksesverhale
    Ontwaak!—2012
  • Sal ’n wêreldoorlog binnekort gebeur? – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 9/11 bl. 18

“Skryf vir Anton!”

● ’n Tienderjarige Getuie van Jehovah met die naam Anton het in die afgeleë dorpie Sjelkan in Stawropol’ Krai, Rusland, gewoon. As kind is hy gediagnoseer met Duchenne-spierdistrofie, ’n ongeneeslike siekte wat die spiere vinnig laat wegteer en waaraan lyers gewoonlik sterf voordat hulle 20 is. Teen die tyd dat Anton nege was, kon hy nie meer loop of self regop kom nie.

Jefgeni en sy vrou Diana het Anton ontmoet toe hulle ’n gemeente van Getuies besoek het. “Anton was fisies baie swak”, het Diana verduidelik, “maar hy was geestelik sterk. Aangesien sy ouer broer op 19-jarige ouderdom aan dieselfde siekte gesterf het, het Anton geweet dat hy nie baie tyd oorhet nie. Hy was nogtans gelukkig en optimisties.”

Diana sowel as haar man het Anton aangemoedig om sy bediening uit te brei deur briewe aan mense in ander afgeleë dorpies te skryf. In 2005 het hy sowat 500 briewe geskryf en na adresse in nabygeleë dorpies gestuur. Maar tot sy teleurstelling het hy nie ’n enkele brief terugontvang nie. Al het hy mismoedig gevoel, het Anton aangehou om briewe te skryf, en hy het vurig gebid vir leiding om ten spyte van sy omstandighede ’n produktiewe bedienaar te wees.

Terwyl Anton eendag ’n koerant gelees het, het hy ’n brief van ’n siek vrou gesien wat vertroosting nodig gehad het. Anton het aan haar ’n brief geskryf, en ’n deel daarvan is in dieselfde koerant gedruk: “Al is my siekte ongeneeslik, help Bybellees my om die toekoms met vertroue tegemoet te gaan”, het hy geskryf. “Ek hou baie daarvan om briewe te ontvang en wag altyd daarvoor.”

Die vrou is diep getref deur wat sy gelees het en het ’n brief aan dieselfde koerant geskryf. Dit is gedruk onder die opskrif: “Skryf vir Anton!” Die vrou het haar waardering uitgespreek vir die geestelike gedagtes in Anton se brief en het bygevoeg: “Kom ons help Anton! Skryf vir hom. Die jong man het vertroostende woorde bitter nodig!” Anton se adres het ook verskyn.

Briewe aan Anton het by die poskantoortjie in sy dorpie begin aankom—tot 30 per dag! Dit het van oral in Rusland gekom, sowel as die Baltiese lande, Duitsland en selfs Frankryk. Hy het honderde briewe van die koerant se lesers ontvang. “Anton was buite homself van blydskap!” sê Diana. “Nou was daar honderde mense vir wie hy kon skryf en van sy Bybelse oortuigings kon vertel.”

Anton het meer as ’n jaar lank met die mense gekorrespondeer wat vir hom geskryf het, en hy het Bybelwaarhede aan hulle bekend gemaak. Toe sy hande later te swak geword het, het hy sy briewe begin dikteer. Anton is in September 2008 op 20-jarige ouderdom oorlede. Al was Anton fisies baie swak, het sy geloof en liefde vir die bediening dit vir hom moontlik gemaak om honderde mense se lewens te raak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel