Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/12 bl. 7-9
  • Suksesverhale

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Suksesverhale
  • Ontwaak!—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom ons lewe werklik sinvol is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Hoe om ’n gelukkige stiefgesin op te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Verhoudings met diegene buite julle stiefgesin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Honderd Jaar oud en nog aan die gang
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 4/12 bl. 7-9

Suksesverhale

NIE MEER NET HUISGENOTE NIE

Philip se 20-jarige dogter, Elise, was nog in die huis en het baie van die huishoudelike takies behartig. Toe het Philip met Louise getrou. Sou die stiefma en die stiefdogter ’n goeie verhouding kon opbou?

Louise: Aan die begin was dit vir ons baie moeilik. Ek is ’n regte huishennetjie en wou verseker dat ek die huisvrou is.

Elise: Louise het dinge in die huis herrangskik en baie van ons goed uitgegooi. Ek het eenkeer aan die kant gemaak, maar het ’n paar dinge op die verkeerde plek gesit omdat ek nie meer geweet het waar dit moet wees nie. Dit het Louise ontstel, en ek en sy het ’n hewige woordewisseling gehad. Ek kon ’n week lank nie met haar praat nie.

Louise: Op ’n stadium het ek vir Elise gesê: “Ek weet nie wat ons gaan doen nie, maar ek kan nie in hierdie atmosfeer lewe nie.” Sy het later daardie aand na my toe gekom en om verskoning gevra. Ek het haar ’n drukkie gegee, en ons het albei gehuil.

Elise: Louise het ’n paar van my foto’s teen die muur gelos, en my pa het nie die lampe weggeneem wat ek in die sitkamer gesit het nie. Dit klink dalk na iets onbenulligs, maar dit het my werklik gehelp om te voel dat dit ook nog my huis is. Ek waardeer ook die manier waarop Louise na my kleinboetie omsien wanneer hy by ons is. Twee jaar het al verloop, en ek begin haar nou as ’n ware lid van die gesin beskou.

Louise: Ek voel dat ek en Elise nie meer net huisgenote is nie, maar ook goeie vriendinne.

‘EENHEID IS BELANGRIKER’

Anton en Marelize het elkeen drie kinders gehad toe hulle ses jaar gelede getrou het.

Anton: Ons doen dinge saam as ’n gesin, soos om te gaan kamp, en ons bring tyd deur met elke kind op sy eie. Dit het ’n paar jaar geneem om werklik aan te pas, maar die meeste van ons geskille is nou opgelos.

Marelize: Ons voel dat dit belangrik is om die kinders as “ons s’n” te beskou, nie as “joune en myne” nie. Ek was eenkeer ontsteld omdat ek gevoel het dat Anton onregverdig was toe hy een van my seuns gedissiplineer het en sy dogter die gunstelingsitplek in die motor gegee het. Ek het egter geleer dat eenheid in die gesin belangriker is as wie voor in die motor sit. Ons probeer die kinders regverdig behandel, al kan ons nie elkeen presies dieselfde behandel nie.

Ek probeer ook om nie te praat oor die lekker tye wat ons in ons vorige gesin geniet het nie, want dit sal die ander, wat nie daar was nie, uitgesluit laat voel. Ek sê eerder hoeveel ek die gesin waardeer wat ons nou het.

‘PRYS HULLE EERS’

Francis het vier jaar gelede met Cecelia getrou. Hulle gesin sluit haar drie volwasse kinders en sy tienerseun in.

Francis: Ek probeer om dit vir my gesin maklik te maak om met my te kom praat en om nie gou aanstoot te neem nie. Ons eet gereeld saam en gebruik hierdie tyd om as ’n gesin te gesels. En ek spoor almal aan om takies in die huis te doen, aangesien die hele gesin daarby baat vind.

Cecelia: Ek bring tyd deur met elkeen van ons kinders en luister na hulle vrese en frustrasies. Tydens ons gesinsbesprekings probeer ons om die kinders eers te prys en dan voorstelle te maak oor hoe hulle kan verbeter. En wanneer ek ’n fout begaan, erken ek dit en vra ek opreg om verskoning.

HY IS DEUR TWEE STIEFOUERS GROOTGEMAAK

Joeki, 20, het sy pa laas gesien toe hy vyf was. Sy ma het later met Tomonori getrou, maar sy is oorlede toe Joeki tien jaar oud was. Vyf jaar later, toe sy stiefpa, Tomonori, met Mihoko getrou het, het Joeki twee stiefouers gehad.

Joeki: Toe my stiefpa besluit het om weer te trou, het ek gedink: “Ek het nie ’n stiefma nodig nie. My gesin het al genoeg verander.” Ek het geweier om die situasie te aanvaar en het haar kil behandel.

Mihoko: Al het my man nie druk op my geplaas om dieselfde liefde vir sy stiefseun te hê as hy nie, het ek my voorgeneem om ’n verhouding met Joeki op te bou. Ons het ons bes gedoen om nie sy roetine, wat geestelike bedrywighede en ontspanning ingesluit het, te verander nie. Ons het ook elke aand aandete as ’n gesin geëet, en daarna het ons gesels. Ek het hom ook baie beter verstaan nadat ons oor sy ma se dood gepraat het.

Toe ek swanger geraak het, was ons besorg oor Joeki, want ons wou hê hy moet voel dat sy plekkie in die gesin veilig is. Ons het dat Joeki die baba voer, bad en sy doek omruil, en ons het hom voor ander geprys omdat hy ons so mooi help. Die klein Itsoeki is baie lief vir Joeki. Voordat hy die woorde vir “pappa” of “mamma” geleer het, het hy geweet hoe om niinii—ouboet—te sê.

Joeki: As ’n stiefkind kan ’n mens maklik eensaam raak en voel dat jy nie inpas nie. Jy kan jou situasie aan ander probeer verduidelik, maar dis asof hulle dit nie kan verstaan nie. Maar ek moet erken dat mede-Christene my werklik ondersteun het. Nou is ek nie meer lugtig vir my stiefma nie. Sy gee my goeie raad, en ek kan vir haar sê wat ek op die hart het.

[Lokteks op bladsy 9]

Wees geduldig! Stiefgesinne kan gelukkig en suksesvol wees

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel