Ná ’n dratyd van ongeveer twee maande gee ’n woestynkat geboorte aan gemiddeld drie kleintjies
IN DIE hartjie van ’n dor woestyn kom ’n woestynkat gedurende die donker ure van die nag uit sy lêplek, en dan gaan staan hy stil. Hy kyk om hom rond en luister. Dan begin die dier sluipend oor die sanderige terrein beweeg.
Skielik bespring die woestynkat sy niksvermoedende prooi—’n woestynmuis. Die woestynkat jag die res van die nag verder, en elke nou en dan spring hy om nog prooi te vang. As die woestynkat meer vang as wat hy kan eet, bedek hy wat oorbly met sand. Hy keer vroeg in die oggend na sy lêplek terug en kom selde gedurende die dag uit. Kyk na ’n paar interessante feite oor hierdie sku dier.