Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 2/15 bl. 9
  • Wysheid wat beskerm

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wysheid wat beskerm
  • Ontwaak!—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Gelukkig is die mens wat wysheid gevind het’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Ware wysheid roep hard uit
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Die seën van Jehovah maak ryk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Ontvoering—Is daar ’n oplossing?
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Ontwaak!—2015
g 2/15 bl. 9
Twee mans op ’n swakbeligte straat hou ’n ryk vrou dop wat verbyloop

Wysheid wat beskerm

“Die losprys vir die lewe van ’n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie.” —SPREUKE 13:8, Ou Afrikaanse Bybelvertaling.

HOEWEL rykdom dalk sekere voordele inhou, het dit ook nadele, veral in die gevaarlike tye waarin ons lewe (2 Timoteus 3:1-5). In party lande het die rykes, insluitende toeriste wat lyk asof hulle welaf is, die teiken geword van diewe en ontvoerders wat ’n losprys soek.

’n Nuusberig het aangaande ’n ontwikkelende land gesê: “Gewelddadige roofaanvalle, bedrog en ontvoerings veroorsaak vyandskap tussen die rykes en die armes. Restaurante het gewapende wagte; die huise van die rykes het mure met lemmetjiesdraad, spreiligte, kameras en sekuriteitswagte.” ’n Soortgelyke situasie bestaan in baie ander lande.

Maar “die arme hoor geen dreigement nie”, sê die Bybel. Hoe kan jy by hierdie skat van wysheid baat vind? As jy in ’n gebied woon waar daar baie misdaad en geweld is of as jy so ’n plek gaan besoek, moet jy nie aandag trek deur die indruk te skep dat jy ryk is nie. Dink versigtig na oor wat jy aantrek en wat jy in die publiek saam met jou ronddra, veral as jou besittings aandag sal trek. “Skerpsinnig is die een wat die rampspoed gesien . . . het”, sê Spreuke 22:3, “maar die onervarenes het verder gegaan en moet die straf ondergaan.”

Die wysheid wat in die Bybel opgeteken is, weerspieël ons Skepper se besorgdheid oor ons. Hy wil ons beskerm. Hierdie “wysheid dien as ’n beskerming”, sê Prediker 7:12, omdat dit “die besitters daarvan in die lewe hou”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel