Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 2/15 bl. 6-7
  • Waardes wat nommerpas en tydloos is​—Liefde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waardes wat nommerpas en tydloos is​—Liefde
  • Ontwaak!—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Geanker deur tydlose waardes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2015
  • Hoe om opregte liefde aan te kweek
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • ’n Hoër bron van wysheid
    Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
Sien nog
Ontwaak!—2015
g 2/15 bl. 6-7

VOORBLADONDERWERP | IS BYBELBEGINSELS OP ONS TYD VAN TOEPASSING?

Waardes wat nommerpas en tydloos is​—Liefde

BYBELBEGINSEL: “Beklee julle . . . met liefde, want dit is ’n volmaakte band van eenheid.”—Kolossense 3:14.

DIE VOORDELE: Die liefde wat hoofsaaklik in die Bybel gemeld word, is nie romantiese of seksuele liefde nie. Dit is eerder liefde wat op beginsels gebaseer is en gekenmerk word deur eienskappe soos medelye, vergifnis, nederigheid, lojaliteit, goedhartigheid, sagmoedigheid en geduld (Miga 6:8; Kolossense 3:12, 13). Anders as dolle verliefdheid wat gewoonlik met verloop van tyd vervaag, kan liefde vir ewig aanhou groei.

Brenda, wat byna 30 jaar lank getroud is, sê: “Die liefde wat ’n pasgetroude paartjie vir mekaar voel, is niks in vergelyking met die liefde wat ’n mens ondervind namate die huwelik met verloop van tyd groei nie.”

Sam, wat al 12 jaar lank getroud is, het gesê: “Ek en my vrou was nog altyd bly—en selfs verbaas—om te sien hoe doeltreffend en eenvoudig Bybelraad is! Jy pas dit toe, en dinge verloop glad. Maar al wil ek graag sê dat ek dit altyd toepas, was daar wel tye wanneer ek dit nie gedoen het nie, soos wanneer ek oorsensitief, ’n bietjie selfsugtig of moeg was. Op sulke tye vra ek Jehovah om my te help om van enige negatiewe gevoelens ontslae te raak. Dan gee ek my vrou ’n drukkie, en voordat jy dit weet, is dit asof niks onaangenaams gebeur het nie!”

“Die wysheid word deur sy resultate geregverdig”

Jesus Christus het gesê: “Die wysheid word deur sy resultate geregverdig” (Matteus 11:19, voetnote in NW). Daar kan dus gesê word dat die Bybel al die kenmerke van ware wysheid het. Die leringe en waardes daarin werk. Dit is tydloos. Dit strek oor kulturele en nasionale grense. En die diep insig wat dit in die menslike natuur weerspieël, toon dat dit van ’n hoër Bron af kom—ons Skepper, Jehovah God. Maar om by die Bybel se wysheid baat te vind, moet ’n mens dit natuurlik toepas. Daarom nooi die Bybel ons om te “smaak en sien dat Jehovah goed is” (Psalm 34:8). Sal jy hierdie uitnodiging aanvaar?

DIE BYBEL HET MY LEWENSGEHALTE VERBETER

Linh woon in Suidoos-Asië. Sy het vir Ontwaak! vertel hoe die Bybel haar gehelp het om haar lewensgehalte te verbeter.

Wat is jou godsdiensagtergrond?

Ek het grootgeword in ’n Boeddhistegesin wat tradisievas is. Ek het niks van die ware God geweet nie.

Was jy tevrede met jou lewe?

Glad nie! Ek het baie probleme gehad. Ek kon nie met geld werk nie, ek het nie geweet hoe om goeie vriende te vind nie en ek kon my ouers nie met hulle probleme help nie.

Toe het jou lewe verbeter. Vertel ons hoe dit gebeur het.

Jong vroue wat Jehovah se Getuies is, het die Bybel met my begin studeer. Wanneer ek probleme gehad het, het ek by hulle raad gevra. Hoewel hulle jonger as ek was, het hulle my uitstekende raad gegee—maar nie gebaseer op hulle eie beskouings nie. Hulle het vir my gewys wat die Bybel sê.

Noudat ek gesien het hoe voordelig dit is om Bybelleringe toe te pas, is ek heeltemal daarvan oortuig dat hierdie boek van God af kom en dat dit enigiemand kan help wat daarvolgens probeer lewe. Geleerdheid—al is dit nuttig—kan dit nie doen nie.

Kan jy ’n bietjie hierop uitbrei?

My ouers het albei universiteitsopleiding ontvang en het baie aansien in ons gemeenskap. Tog het hulle nie oplossings vir hulle probleme gevind nie. Om die waarheid te sê, hulle is geskei en is ongelukkig. Toe ek universiteit toe gegaan het, is daar vir my gesê dat daar tye is wanneer die samelewing net deur middel van geweld verbeter kan word. Maar die Bybel sê vir ons dat geen mensepogings blywende sukses kan behaal nie omdat God ons nie die vermoë of die gesag gegee het om oor onsself te heers nie. Dit is waarom menslike heerskappy in al sy vorme onsuksesvol is en geneig is tot korrupsie.a Maar wanneer ons ons aan God onderwerp, kan ons ons lewe baie verbeter en ’n goeie invloed op ander hê.

Hoe het die Bybel jou gehelp?

Op talle praktiese maniere. Ek het minder bekommernisse, en nou het ek goeie vriende. Ek het geleer hoe om met geld te werk en kan bekostig om ’n bietjie te reis. Maar nog belangriker, ek kan ander help wanneer hulle hulp nodig het.

a Sien Prediker 8:9; Jeremia 10:23.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel