Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 3/15 bl. 8-9
  • Verhoudings met skoonouers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verhoudings met skoonouers
  • Ontwaak!—2015
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • DIE UITDAGING
  • Verhoudings met skoonouers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Jou gesin kan gelukkig wees
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Laat Jehovah se Getuies huwelike verbrokkel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Hoe om probleme te bespreek
    Ontwaak!—2016
Sien nog
Ontwaak!—2015
g 3/15 bl. 8-9
’n Man sit ongemaklik tussen sy skoonouers, en sy vrou merk dit op

HULP VIR DIE GESIN | DIE HUWELIK

Verhoudings met skoonouers

DIE UITDAGING

“Toe ons ’n moeilike tyd deurgemaak het, het my vrou haar ouers daarvan vertel. Haar pa het my gebel om my raad te gee oor die situasie. Ek was nie baie gelukkig daaroor nie!”—James.a

“My skoonma sal dikwels sê: ‘Ek mis my seun verskriklik!’ Sy praat oor die hegte verhouding wat hulle gehad het, en dit laat my skuldig voel dat ek met hom getrou het en haar so hartseer gemaak het!” —Natasha.

Is dit moontlik om te verhoed dat probleme met skoonouers in huweliksprobleme ontaard?

WAT JY MOET WEET

Die huwelik skep ’n nuwe gesinseenheid. Die Bybel sê dat ’n man wat trou, “sy vader en sy moeder [sal] verlaat en sy vrou [sal] aankleef”. Dit geld ook vir ’n vrou wanneer dit by haar ouers en haar man kom. Wanneer sy trou, word die twee “een vlees”, sê die Bybel. Hulle is ’n nuwe gesinseenheid.—Matteus 19:5.

Stel jou huwelik bo jou ouers. “Een van die basiese doelwitte van ’n huwelik is om ’n gevoel van eenheid tussen ’n man en vrou te skep”, skryf die berader John M. Gottman. “Om ’n gevoel van eenheid met jou huweliksmaat te skep of te hernieu, sal moontlik beteken dat jy jou in ’n mate van jou oorspronklike gesin moet losskeur of wegskeur.”b

Party ouers vind dit dalk moeilik om aan te pas. ’n Jong, getroude man sê: “Voordat ons getroud was, het my vrou altyd haar ouers se wense eerste gestel. Toe ons getrou het, het haar ma gesien dat iemand anders nou eerste kom. Dit was nie vir haar maklik om te aanvaar nie.”

Party pasgetroudes kan dit ook moeilik vind. “Jou skoonouers is nie soos vriende wat jy gekies het nie”, sê James, wat vroeër aangehaal is. “Dis asof iemand gesê het: ‘Jy het twee nuwe vriende, of jy nou daarvan hou of nie.’ Selfs al maak hulle jou mal, is hulle nog steeds familie!”

WAT JULLE KAN DOEN

As jy en jou huweliksmaat verskil oor ’n situasie wat met skoonouers te doen het, moet julle die probleem in ’n gees van samewerking probeer oplos. Volg die Bybel se raad om ‘vrede te soek en dit na te streef’.—Psalm 34:14.

Die volgende scenario’s kan julle help om dit te doen. Elke scenario word uit die oogpunt van óf die man óf die vrou geskets. Maar mans sowel as vroue kom voor hierdie uitdagings te staan, en die beginsels wat bespreek word, kan julle help om ’n aantal probleme met julle skoonouers op te los.

Jou vrou sê sy wens dat jy ’n beter verhouding met haar ma gehad het. Maar jy vind dit moeilik om met haar ma oor die weg te kom.

Probeer die volgende: Bespreek die probleem met jou vrou, en wees bereid om toegewings te maak. Die kwessie is nie hoe jy oor jou skoonma voel nie, maar hoe jy voel oor jou vrou—die persoon wat jy belowe het om lief te hê. Besluit op een of twee spesifieke maniere waarop jy jou verhouding met haar ma kan verbeter, en voer dit dan deur. Wanneer jou vrou sien hoe hard jy probeer, sal sy beslis meer respek vir jou hê.—Bybelbeginsel: 1 Korintiërs 10:24.

Jou man sê dat jy meer daarin belangstel om jou ouers te vrede te stel as om hom te vrede te stel.

Probeer die volgende: Bespreek die probleem met jou man, en probeer om sy kant van die saak te sien. Jou man moet natuurlik nie bedreig voel as jy bloot die gepaste eer aan jou ouers gee nie (Spreuke 23:22). Nogtans sal jy hom dalk moet verseker—deur jou woorde en dade—dat jy hom bo jou ouers stel. As jou man hiervan seker is, sal hy minder geneig wees om te voel dat hy met jou ouers vir jou aandag moet meeding.—Bybelbeginsel: Efesiërs 5:33.

Jou vrou vra haar ouers vir raad eerder as vir jou.

Probeer die volgende: Praat met jou vrou, en besluit saam waar die grense moet wees. Probeer om redelik te wees. Is dit altyd verkeerd om met ’n ouer oor ’n probleem te praat? Wanneer sal dit dalk gepas wees? As julle saamstem oor waar die grense moet wees, hoef hierdie kwessie nie ’n probleem te word nie.—Bybelbeginsel: Filippense 4:5.

a Name in hierdie artikel is verander.

b Uit die boek The Seven Principles for Making Marriage Work.

SLEUTELTEKSTE

  • “Laat elkeen aanhou om, nie sy eie voordeel nie, maar dié van die ander persoon te soek.” —1 Korintiërs 10:24.

  • “Die vrou . . . moet diep respek vir haar man hê.”—Efesiërs 5:33.

  • “Laat julle redelikheid . . . bekend word.”—Filippense 4:5.

Konsentreer op die positiewe

“Dit is belangrik om ’n goeie verhouding met jou skoonouers te hê. Hulle het vir jou huweliksmaat gesorg en hom grootgemaak, en ongeag wat hulle tekortkominge is, jy moet teenoor hulle dankbaar wees. Jy kan ook baie by hulle ondervinding baat vind. As jy op jou skoonouers se positiewe eienskappe konsentreer en dit navolg, kan jy ’n gebalanseerde en volwasse persoon word.”—Jessica.

’n Man en vrou bestee tyd saam met sy skoonouers
    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel