Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/15 bl. 3
  • Is jy in beheer van jou lewe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is jy in beheer van jou lewe?
  • Ontwaak!—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Die uitdaging: Oorweldigende eise
    Ontwaak!—2015
  • Die uitdaging: Onveranderbare omstandighede
    Ontwaak!—2015
  • Iets blywenders as kuns
    Ontwaak!—2007
  • Die uitdaging: Negatiewe gevoelens
    Ontwaak!—2015
Sien nog
Ontwaak!—2015
g 7/15 bl. 3
’n Ongelukkige man sit en dagdroom by die werk

VOORBLADONDERWERP

Is jy in beheer van jou lewe?

WAT was jou doelwitte toe jy jonger was? Dalk wou jy trou, ’n sekere vaardigheid baasraak of ’n opwindende loopbaan nastreef. Maar die lewe verloop nie altyd volgens plan nie. Onverwagte uitdagings kan jou lewe heeltemal van koers af bring. Dit is wat met Anja, Delina en Gregory gebeur het.

Anja, Delina en Gregory
  • Anja, wat in Duitsland woon, is op 21-jarige ouderdom met kanker gediagnoseer, en nou is sy feitlik heeltemal huisgebonde.

  • Delina, in die Verenigde State, ly aan ’n spier- en senuweesiekte wat distonie genoem word. Boonop sien sy om na haar drie gestremde broers.

  • Gregory, in Kanada, ly aan ’n uitmergelende angsversteuring.

Maar ondanks hulle omstandighede, was dit vir Anja, Delina en Gregory moontlik om weer beheer van hulle lewe te kry. Hoe?

’n Bybelspreuk sê: “Was jy mismoedig in moeilike tye? Jou krag sal gering wees” (Spreuke 24:10, voetnoot in NW). Die punt is duidelik: Jou gesindheid maak ’n verskil. Mense wat aan negatiewe denke toegee, verloor die bietjie beheer wat hulle nog oorhet, terwyl diegene met ’n positiewe gesindheid dikwels die krag kan bymekaarskraap om weer beheer oor hulle lewe te kry.

Kyk hoe dit waar is in die geval van Anja, Delina en Gregory.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel