Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g16 nr. 5 bl. 14-15
  • Aristoteles

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aristoteles
  • Ontwaak!—2016
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy het ’n verskeidenheid belangstellings gehad
  • Katolisisme neem Aristoteles se leerstellings aan
  • Wie het die wette gemaak wat ons heelal beheer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Die wetenskap en die Bybel—Weerspreek hulle mekaar werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Het die wetenskap die Bybel verouderd gemaak?
    Ontwaak!—1990
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2016
Sien nog
Ontwaak!—2016
g16 nr. 5 bl. 14-15

’N KYKIE IN DIE GESKIEDENIS

Aristoteles

Aristoteles

MEER as 2 300 jaar gelede het Aristoteles grootliks bygedra tot die wetenskap en filosofie. Sy werke interesseer mense al jare lank, dit is al in baie tale vertaal en word algemeen studeer. Geskiedenisprofessor James MacLachlan het geskryf dat “Aristoteles se beskouings van die natuur Europese denke amper 2 000 jaar lank oorheers het”. Party van Aristoteles se beskouings het selfs Katolieke, Protestantse sowel as Islamitiese leerstellings beïnvloed.

Hy het ’n verskeidenheid belangstellings gehad

Aristoteles het geskryf oor kuns, die sterrekunde, biologie, die etiek, taal, die regte, die logika, magnetisme, metafisika, beweging, plesier, digkuns, die politiek, sielkunde en retorika, sowel as die siel, wat hy as sterflik beskou het. Maar sy beroemdheid is hoofsaaklik te danke aan sy werk in biologie en die logika.

Om die natuurlike wêreld te verduidelik, het eertydse Griekse geleerdes staatgemaak op hulle vermoë om waar te neem, gevolgtrekkings te maak en logies te redeneer. Hulle het geglo dat hulle tot die regte gevolgtrekkings sou kom as hulle noukeurig redeneer oor dinge wat volgens hulle duidelike waarhede was.

Op grond van hierdie filosofie het hulle wel ’n aantal regte gevolgtrekkings gemaak—een daarvan was dat daar onderliggende orde in die heelal is. Maar daar was ’n groot probleem. Hulle waarnemingsvermoëns was beperk tot hulle blote sinne—’n beperking wat talle merkwaardige mans, insluitende Aristoteles, op ’n dwaalspoor gebring het. Hulle het byvoorbeeld geglo dat die planete en sterre om die aarde draai. Op daardie stadium is dit as ’n onbetwyfelbare waarheid beskou. “Hulle redenasie en ondervinding het blykbaar die Griekse beskouing bevestig dat die aarde die middelpunt van die heelal is”, sê die boek The Closing of the Western Mind.

Hierdie verkeerde beskouing sou van min belang gewees het as dit net in die wetenskap gebly het. Maar dit het nie.

Katolisisme neem Aristoteles se leerstellings aan

In middeleeuse “Christelike” Europa, is party van Aristoteles se leerstellings algemeen aanvaar as die waarheid. Rooms-Katolieke teoloë—veral Tomas Aquino (ca. 1224-1274)—het Aristoteles se werke by hulle teologie ingesluit. Aristoteles se idee dat ’n stilstaande aarde die middelpunt van die heelal is, het sodoende Katolieke dogma geword. Hierdie leerstelling is ook aangeneem deur Protestantse leiers, soos Calvyn en Luther, wat gesê het dat die leerstelling uit die Bybel kom.—Sien die venster “Hulle het te veel uit die Bybel afgelei”.

Party van Aristoteles se leerstellings is algemeen aanvaar as die waarheid

“Op sekere gebiede kon [Aristoteles se leerstellings] en Katolisisme amper nie meer van mekaar onderskei word nie”, het die skrywer Charles Freeman gesê. Daarom is daar gesê dat Aquino Aristoteles in die Katolieke geloof “gedoop” het. Maar in werklikheid “is Aquino tot Aristotelianisme bekeer”, het Freeman geskryf. En tot ’n sekere mate, kan ons byvoeg, is die kerk ook. Die Italiaanse sterrekundige en wiskundige Galileo, wat dit gewaag het om op grond van sy waarnemings bewyse voor te lê dat die aarde om die son draai, is gevolglik versoek om voor die Inkwisisie te verskyn en is gedwing om sy bewering te herroep.a Ironies genoeg het Aristoteles besef dat wetenskaplike kennis progressief en onderhewig aan verandering is. As die kerke maar net dieselfde beskouing aangeneem het!

a Om meer te lees oor “Galileo se botsing met die Kerk”, sien die Ontwaak! van 22 April 2003.

VINNIGE FEITE

  • Aristoteles het ’n passie vir kennis en “’n diepe eerbied vir die waarde en voortreflikheid van die heelal om hom” gehad.—Aristotle—A Very Short Introduction.

  • Hy het geglo dat die natuur ’n ewige “Dryfkrag” het wat ewige beweging veroorsaak, wat goed is en buite die heelal bestaan.

  • Aristoteles het die grondslag gelê vir twee soorte wetenskappe—biologie en die logika.

  • Aristoteles het ’n Masedoniese seun onderrig wat later Aleksander die Grote, ’n magtige heerser, geword het.

’n Tekening waarin die aarde as die middelpunt van die heelal uitgebeeld word

Baie in eertydse tye het geglo dat die aarde die middelpunt van die heelal is

Hulle het te veel uit die Bybel afgelei

Party eertydse teoloë het gekleef aan Aristoteles se geosentriese beskouing van die heelal omdat hulle te veel afgelei het uit sekere Bybelverslae, soos Psalm 104:5. Dit sê: “[God] het die aarde op sy vaste plekke gegrondves; tot onbepaalde tyd of tot in ewigheid sal niks dit laat wankel nie.” Die Bybelskrywer het nie die aarde se plek in die heelal beskryf nie. Hy het eerder poëtiese taal gebruik om te verwys na die blywendheid van die aarde volgens God se voorneme.—Prediker 1:4

En wanneer die Bybel wetenskaplike aangeleenthede noem, is die stellings akkuraat. Byvoorbeeld Job 26:7, wat ongeveer 3 500 jaar gelede opgeteken is, sê dat God “die aarde [opgehang het] aan niks”. Job 38:33 sê dat die hemelliggame deur fisiese wette beheer word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel