Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g20 nr. 2 bl. 8-9
  • 2. Is dit ons skuld dat ons swaarkry?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 2. Is dit ons skuld dat ons swaarkry?
  • Ontwaak! – 2020
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoekom dit saak maak
  • Iets om oor te dink
  • Wat die Bybel sê
  • Wat sê die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak! – 2020
  • Vraag 3: Waarom laat God toe dat ek ly?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Waarom is daar soveel lyding?
    Ontwaak!—2011
Sien nog
Ontwaak! – 2020
g20 nr. 2 bl. 8-9
’n Man sit in sy sitkamer, hou ’n sigaret in een hand en ’n oop bier in die ander hand.

2. Is dit ons skuld dat ons swaarkry?

Hoekom dit saak maak

As die antwoord ja is, dan is dit dalk vir ons moontlik om iets aan swaarkry te doen.

Iets om oor te dink

Tot watter mate is mense verantwoordelik vir die volgende oorsake van swaarkry?

  • ’n Prentjie van ’n vuis, wat mishandeling voorstel.

    Mishandeling.

    Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) skat dat 1 uit 4 volwassenes die een of ander tyd gedurende hulle kinderjare fisies mishandel is. Hulle skat ook dat 1 uit 3 vroue die een of ander tyd in hulle lewe fisies of seksueel aangerand is (of albei).

  • ’n Prentjie van grafstene, wat ’n begraafplaas voorstel.

    Sterfgevalle.

    Die World Health Statistics 2018 wat deur die WGO uitgegee is, sê: “In 2016 is daar omtrent 477 000 moorde oor die hele wêreld gepleeg.” Dit is bo en behalwe die 180 000 mense wat hulle dink gedurende daardie jaar in oorloë en gevegte doodgemaak is.

  • ’n Prentjie van ’n hart met ’n EKG-lyn, wat gesondheidsprobleme voorstel.

    Gesondheidsprobleme.

    Fran Smith het in ’n artikel in die tydskrif National Geographic gesê: “Meer as ’n miljard mense rook, en tabak word genoem onder die top vyf oorsake van sterftes: hartsiekte, beroerte, lugweginfeksie, chroniese obstruktiewe lugwegsiekte en longkanker.”

  • ’n Prentjie van ’n ongebalanseerde weegskaal, wat sosiale ongelykheid voorstel.

    Sosiale ongelykheid.

    Jay Watts, ’n sielkundige, sê: “Armoede, ongelykheid, rassisme, seksisme, mense wat gedwing word om te trek en ’n kompeterende gees vergroot almal die kanse van emosionele pyn en swaarkry.”

    VIND MEER UIT

    Kyk na die video Hoekom het God die aarde geskep? op jw.org.

Wat die Bybel sê

Die man wat vroeër gewys is, lê in ’n hospitaalbed. Sy vrou draai weg terwyl die dokter slegte nuus gee oor haar man se gesondheid.

Mense is grootliks verantwoordelik vir swaarkry.

Baie van die swaarkry is veroorsaak deur onderdrukkende regerings. Hulle het die lewe net nog moeiliker gemaak vir die mense wat hulle veronderstel is om te help.

‘Die mens heers oor die mens tot sy nadeel.’ – PREDIKER 8:9.

Daar kan iets aan swaarkry gedoen word.

Bybelwaarhede help dat ons gesonder lewe en vreedsame verhoudings met ander het.

“’n Kalm hart beteken lewe vir die liggaam, maar jaloesie vreet ’n mens op.” – SPREUKE 14:30.

“Moenie enige soort wrok koester nie, en laat vaar alle woede, geskree en beledigende taal, saam met alles wat sleg is.” – EFESIËRS 4:31.

Is dit ons skuld dat ons swaarkry?

Die Bybel sê: “Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes” (Galasiërs 6:7). Soms kry ons swaar as gevolg van ons eie keuses. Dit is hoekom dokters mense aanmoedig om gesond te eet, genoeg te oefen en slegte gewoontes te vermy soos om te rook. Maar dit sou verkeerd wees om te sê dat alle swaarkry die mens se skuld is. Baie mense is onskuldige slagoffers van ongelukke, rampe en ander slegte dinge.

Hoekom kry goeie mense swaar?

Sien vraag 3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel