Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g21 nr. 2 bl. 7-9
  • Hoe raak tegnologie jou kinders?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe raak tegnologie jou kinders?
  • Ontwaak! – 2021
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT JY MOET WEET
  • WAT JY KAN DOEN
  • Gebruik jou kind die Internet?
    Ontwaak!—2008
  • Kinders en slimfone – Deel 1: Moet my kind ’n slimfoon kry?
    Hulp vir die gesin
  • Beskerm jou kind teen pornografie
    Hulp vir die gesin
  • Kinders en slimfone – Deel 2: Leer jou kinders om ’n slimfoon verantwoordelik te gebruik
    Hulp vir die gesin
Sien nog
Ontwaak! – 2021
g21 nr. 2 bl. 7-9
Kinders van verskillende ouderdomme vermaak hulleself met elektroniese toestelle in plaas van speelgoed of sport.

Hoe raak tegnologie jou kinders?

Dit kan moeilik vir volwassenes wees om te leer hoe om nuwe toestelle, programme of apps te gebruik. Maar tegnologie was nog altyd deel van kinders se lewe, en daarom vind hulle dit baie maklik om dit te gebruik.

Maar party het ook opgelet dat jongmense wat baie tyd aanlyn spandeer, geneig is om . . .

  • afhanklik te word van hulle toestelle.

  • wrede dinge vir ander aanlyn te sê of om deur ander aanlyn geboelie te word.

  • pornografiese foto’s te sien, selfs al wil hulle nie.

WAT JY MOET WEET

’n Seun met ’n slimfoon maak sy kamerdeur versigtig toe terwyl sy ma verbystap.

AFHANKLIKHEID

Party aanlyn aktiwiteite, soos videospeletjies, is ontwerp om verslawend te wees. Die boek Reclaiming Conversation sê: “Die apps op ons foon is ontwerp om ons besig te hou.” Besighede maak geld wanneer ons na advertensies kyk. So hoe langer ons apps gebruik wat advertensies bevat, hoe meer geld maak hulle.

IETS OM OOR TE DINK: Lyk dit asof jou kinders te geheg is aan hulle toestelle? Hoe kan jy hulle help om hulle tyd beter te gebruik? – EFESIËRS 5:15, 16.

KUBERBOELIES

Party mense het slegte maniere wanneer hulle aanlyn is, en dit beteken dat hulle meer geneig is om ander te boelie.

Soms word sosiale media verkeerd gebruik omdat ’n persoon ’n ongesonde begeerte het om populêr te wees. Of as iemand uitvind dat hy op die een of ander manier uitgesluit was – byvoorbeeld, hy vind uit dat hy nie genooi was na ’n partytjie nie – kan dit hom laat voel dat hy geboelie word.

IETS OM OOR TE DINK: Het jou kinders goeie maniere aanlyn? (Efesiërs 4:31). Hoe hanteer hulle dit wanneer hulle hoor dat ander dinge sonder hulle doen?

PORNOGRAFIE

Die Internet het dit baie maklik gemaak om onsedelike dinge te vind. Ouers moet besef dat alhoewel daar maatreëls is wat kan help, dit nie altyd werk nie.

Sexting is wanneer persoonlike eksplisiete foto’s gewoonlik deur middel van slimfone gestuur of ontvang word. Dit kan onwettig wees. Afhangende van plaaslike wette en die ouderdomme van diegene wat betrokke is, kan mense wat van sexting gebruik maak, in party gevalle aangekla word van die verspreiding van kinderpornografie.

IETS OM OOR TE DINK: Hoe kan jy jou kinders help om die versoeking te weerstaan om na seksuele eksplisiete foto’s aanlyn te kyk of te stuur? – EFESIËRS 5:3, 4.

WAT JY KAN DOEN

LEI JOU KINDERS OP

Al is dit maklik vir kinders om tegnologie te gebruik, het hulle nog steeds hulp nodig. Dit is baie gevaarlik om vir kinders ’n slimfoon of ’n ander toestel te gee voordat hulle die vaardighede het om dit reg te gebruik. Volgens die boek Indistractable is dit “net so onverantwoordelik as om hulle toe te laat om kop eerste in ’n swembad in te spring sonder dat hulle weet hoe om te swem”.

BYBELWAARHEID: “Lei ’n kind op in die weg wat hy moet volg. Selfs as hy oud word, sal hy dit nie verlaat nie.” – SPREUKE 22:6.

Kyk na die voorstelle wat jy wil gebruik, of skryf jou eie idees neer.

  • Bespreek met jou kind hoe om goeie maniere aanlyn te hê

  • Help jou kind om dit te hanteer wanneer hy of sy uitgesluit voel

  • Doen wat jy ook al kan om jou kind teen slegte dinge aanlyn te beskerm

  • Kyk af en toe wat op jou kind se foon is

  • Besluit hoe lank jou kind elke dag elektroniese toestelle mag gebruik

  • Verbied toestelle in jou kind se slaapkamer in die aand

  • Moenie toestelle by die eettafel toelaat nie

PUNTE VIR OUERS OM TE BESPREEK

  • Gebruik ons ’n elektroniese toestel as ’n kinderoppasser om ons kind besig te hou?

  • Het ons kind ’n toestel met Internettoegang nodig? Indien wel, hoekom?

  • Kan ons dit bekostig om ons kind ’n toestel met Internettoegang te gee?

  • Het ons kind alreeds gewys dat hy of sy selfbeheersing het?

  • Het ons kind gewys dat hy of sy verantwoordelik is vir wat hy of sy doen?

  • Watter reëls sal ons maak?

  • Hoe kan ons seker maak dat ons kind ook ander aktiwiteite doen?

    BYBELWAARHEID: “Volwasse mense [het] hulle denkvermoë geoefen . . . sodat hulle kan onderskei wat reg en wat verkeerd is.” – HEBREËRS 5:14.

Laureta en David.

“Hoekom wil jou kinders ’n foon hê? Hoe gebruik hulle joune? Op watter webwerwe gaan hulle? Watter videospeletjies speel hulle? Hoe lank gebruik hulle dit? Toets jou kinders se volwassenheid en selfbeheersing voordat jy vir hulle ’n toestel gee.” – LAURETA, SAAM MET HAAR MAN, DAVID

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel