Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g21 nr. 3 bl. 8-9
  • Wat wetenskaplikes nie vir ons kan sê nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat wetenskaplikes nie vir ons kan sê nie
  • Ontwaak! – 2021
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Embrioloog verduidelik waarom hy aan God glo
    Ontwaak!—2016
  • Hoe het die heelal en lewe ontstaan?
    Ontwaak!—2002
  • Hoe die wetenskap jou lewe raak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Die Skepper kan jou lewe sinvoller maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Sien nog
Ontwaak! – 2021
g21 nr. 3 bl. 8-9
’n Wetenskaponderwyser in ’n bespreking met ’n paar van sy studente.

Wat wetenskaplikes nie vir ons kan sê nie

Dit lyk asof wetenskaplikes omtrent elke aspek van die bekende heelal gestudeer het. Maar daar is nog steeds heelwat belangrike vrae wat hulle nie kan beantwoord nie.

Kan wetenskaplikes verduidelik hoe die heelal en lewe begin het? Die eenvoudige antwoord is nee. Party sê dat wetenskaplikes wat die heelal studeer, kan verduidelik wat die oorsprong van die heelal is. Maar Marcelo Gleiser, ’n agnostikus en ’n professor van sterrekunde aan Dartmouth-kollege, sê: “Ons het nog glad nie die oorsprong van die heelal verduidelik nie.”

’n Artikel in die tydskrif Science News sê ook oor die oorsprong van lewe: “Dit is dalk onmoontlik om vas te stel hoe lewe werklik op Aarde begin het: Die meeste van die rotse en fossiele wat kon wys wat eintlik gedurende die begin van die Aarde gebeur het, het lankal verdwyn.” Dit wys vir ons dat die wetenskap nog nie die volgende vraag beantwoord het nie: Hoe het die heelal en lewe begin?

Maar jy wonder dalk: ‘As lewe op aarde ontwerp is, wie is die ontwerper?’ Jy het dalk ook die volgende vrae gevra: ‘As ’n wyse en liefdevolle Skepper bestaan, hoekom sou hy toelaat dat mense swaarkry? Hoekom sou hy toelaat dat daar so baie verskillende godsdienste is? Hoekom sou hy toelaat dat sy aanbidders so baie slegte dinge doen?’

Die wetenskap kan nie hierdie vrae beantwoord nie. Maar dit beteken nie dat jy nie bevredigende antwoorde kan vind nie. Baie mense het wel bevredigende antwoorde in die Bybel gevind.

Gaan na jw.org om uit te vind hoekom party wetenskaplikes wat die Bybel gestudeer het, sê dat hulle in ’n Skepper glo. Soek na die videoreeks Beskouings oor die oorsprong van lewe.

Die wetenskap en die Bybel het hulle oortuig

Georgiy N. Koidan, chemikus

“My werk behels dat ek gereeld molekules moet ‘kombineer’. Dit is soos om skaak te speel: Jy moet ’n hele paar skuiwe vooruitbeplan. As jy vergeet om een stap te doen, kan die molekule uitmekaarval. Alhoewel my werk ingewikkeld is, is dit eenvoudig in vergelyking met die duisende chemiese reaksies wat binne lewende selle gebeur om komplekse chemiese molekules te vorm.” Hy sê ook dat dit hom laat glo dat daar ’n God moet wees wat meer oor chemie weet as ons.

“Toe ek die Bybel gestudeer het, het ek besef dat dit nie soos ander boeke is nie. Die Bybel is amper 2 000 jaar gelede voltooi, maar ek dink dat die raad daarin vandag nog waardevol is. Die raad oor hoe om probleme op te los in die gesin, by die werk en met bure, werk regtig. Ek het besef dat net iemand wat baie intelligenter as mense is, sulke betroubare raad kan gee.”

Yan-Der Hsuuw, embrioloog

“As ’n embrio ontwikkel, moet al die selle met mekaar saamwerk om sekere selle in senuwee, spiere, been, bloed of ander weefsel te verander en om uiteindelik ’n mens te vorm. Ons verstaan nog steeds nie presies hoe hierdie selle ’n embrio vorm nie. In my opinie moet lewe van ’n intelligente ontwerper kom.

“Die manier hoe Psalm 139:15, 16 die groei van ’n embrio in ’n ma se baarmoeder beskryf, is baie soortgelyk aan wat wetenskaplikes in onlangse jare ontdek het. Hoe kon so ’n akkurate beskrywing so lank gelede neergeskryf word as die Skepper dit nie aan die skrywer geopenbaar het nie?”

Kyk na die video Rocío Picado Herrero: A Chemistry Teacher Explains Her Faith. Soek vir die video se naam op jw.org.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel