Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g23 nr. 1 bl. 6-8
  • Oseane

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Oseane
  • Ontwaak! – 2023
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Dinge wat ons oseane bedreig
  • Ons planeet – Ontwerp om te oorleef
  • Wat gedoen word
  • Redes vir hoop – Wat die Bybel sê
  • “Die oorvloedige rykdom van die seë”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak! – 2023
  • Wat kan gedoen word om koraalriwwe te red?
    Ontwaak!—1996
  • Wat doen die mens aan die aarde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Ontwaak! – 2023
g23 nr. 1 bl. 6-8
’n Skubaduiker swem in die oseaan omring deur kleurvolle vis, koraal en seeplante.

Georgette Douwma/Stone via Getty Images

KAN ONS PLANEET OORLEEF?

OSEANE

OSEANE voorsien nie net baie van die kos wat ons eet nie, maar ook baie bestanddele wat ons nodig het om medikasie te maak. Ons oseane vervaardig meer as die helfte van die wêreld se suurstof, en hulle absorbeer gevaarlike koolstofgasse. Buiten dit reguleer oseane ons klimaat.

Dinge wat ons oseane bedreig

Klimaatsverandering bedreig koraalriwwe, skulpdiere en ander seelewe. Wetenskaplikes voorspel dat amper alle riwwe – wat ten minste ’n kwart van alle lewe in die see waarvan ons weet, onderhou – die risiko kan loop om binne die volgende 30 jaar te sterf.

Deskundiges skat dat tot omtrent 90 persent seevoëls dalk al plastiek geëet het, en daar word gemeen dat plastiek in die oseaan elke jaar miljoene seediere doodmaak.

“Ons het nie mooi vir die oseane gesorg nie, en vandag staar ons wat ek ’n ‘oseaan-noodgeval’ sou noem in die gesig,” het die sekretaris-generaal van die VN António Guterres in 2022 gesê.

Ons planeet – Ontwerp om te oorleef

Oseane en die lewe daarin is ontwerp om hulleself skoon en gesond te hou wanneer dit nie deur mensgemaakte besoedeling oorweldig word nie. Die boek Regeneration: Ending the Climate Crisis in One Generation verduidelik dat “oseane in staat is om hulleself skoon te hou” wanneer mense nie die oseane besoedel nie. Kyk na ’n paar voorbeelde:

  • Klein organismes wat fitoplankton genoem word, verbruik en stoor koolstofdioksied – die hoofgas wat glo aardverwarming veroorsaak. Fitoplankton alleen stoor amper dieselfde hoeveelheid koolstofdioksied as al die bome, grasse en ander landplante op die aarde altesaam.

  • Mikrobes eet die afvalprodukte van vis wat die oseaan andersins sou besoedel. Die mikrobes word dan weer deur ander seediere geëet. Dit “hou die oseaan skoon en helder”, volgens die Smithsonian-instituut se webwerf.

  • Baie oseaandiere gebruik hulle spysverteringstelsel om suur oseaanwater – wat nadelig is vir koraal, skulpdiere en ander diere – in gesonder alkaliese water te verander.

    HET JY GEWEET?

    Seegras en oseaangesondheid

    ’n Prentjie wys branders wat na ’n strand toe op pad is. Die seebodem, seegras en seediere kan gesien word. Terwyl branders al hoe nader kom aan die strand verminder die seegras die grootte en spoed van die branders en verwyder dit sediment uit die water. Vis en ander seediere floreer in die gras. Water wat die strand bereik, is skoon, en die branders is kleiner.

    Seegras vang sediment onderwater vas en hou dit in plek en stabiliseer die seebodem. Die seegras verminder koraalsiektes en beskerm selfs kuslyne deur te help om vernietigende branders te verminder en om erosie te beperk.

Wat gedoen word

Collage: 1. ’n Man pak inkopies uit ’n herbruikbare sak op sy kombuiskas uit. 2. ’n Vrou maak ’n herbruikbare waterbottel vol by ’n kombuisopwasbak.

As ons herbruikbare sakke en waterbottels gebruik, kan dit help om die hoeveelheid plastiekafval in ons oseane te verminder

Vullis wat nooit in die oseaan beland nie, hoef nooit verwyder te word nie. Daarom moedig deskundiges mense aan om sakke, gereedskap en houers weer te gebruik, in plaas daarvan om plastiek-items een keer te gebruik en dit dan weg te gooi.

Maar meer is nodig. Onlangs het ’n omgewingsorganisasie in een jaar 9 200 ton vullis op strande opgetel wat uitgespoel is deur oseaangetye in 112 lande. Maar dit was net omtrent ’n duisendste van die vullis wat elke jaar in die oseaan beland.

National Geographic het gesê dat “die versuring [van die oseane] wat sover plaasgevind het, heel moontlik onomkeerbaar is”. Mense verbrand so baie fossielbrandstof dat die seediere nie in staat is om die oseane skoon te hou soos hulle ontwerp is om te doen nie.

Redes vir hoop – Wat die Bybel sê

“Die aarde is vol van wat u gemaak het. Daar is die see, so groot en wyd, wat wemel van ontelbare lewende dinge, klein sowel as groot.” – Psalm 104:​24, 25.

Ons Skepper het die oseane gemaak, en hulle vermoë om hulleself skoon te maak. Dink hieraan: Aangesien die Skepper die see en alle seelewe gemaak het, is dit redelik om te glo dat hy in staat is om al die skade aan ons oseane ongedaan te maak. Sien die artikel “God belowe dat ons planeet sal oorleef” op bladsy 15.

LEER MEER

Loodswalvisse swem in die oseaan.

Blue Planet Archive/Doug Perrine

’n Effektiewe en nie-giftige metode wat gebruik word om groot skepe skoon te hou, werk al die heeltyd in die oseaan. Lees die artikel “Die loodswalvis se selfreinigende vel” op jw.org.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel