Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 15
  • Lot se vrou het omgekyk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Lot se vrou het omgekyk
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Dink aan die vrou van Lot
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Voorbereiding vir verlossing tot in ’n nuwe wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Waarom weifel? Luister en gehoorsaam!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • God se verbond met Abraham
    Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 15
Lot se vrou het na Sodom omgekyk en ’n soutpilaar geword

VERHAAL 15

Lot se vrou het omgekyk

LOT en sy gesin het saam met Abraham in die land Kanaän gewoon. Eendag het Abraham vir Lot gesê: ‘Daar is nie genoeg land hier vir al ons diere nie. Laat ons asseblief uitmekaargaan. As jy in een rigting gaan, sal ek in die ander rigting gaan.’

Lot het oor die land uitgekyk. Hy het ’n baie mooi deel van die land gesien wat water en oorgenoeg goeie gras vir sy diere gehad het. Dit was die Jordaanstreek. Toe het Lot met sy gesin en diere soontoe getrek. Hulle het eindelik in die stad Sodom gaan woon.

Die mense van Sodom was baie sleg. Dit het Lot ontstel, want hy was ’n goeie man. God was ook ontsteld. Uiteindelik het God twee engele gestuur om Lot te waarsku dat hy Sodom en die nabygeleë stad Gomorʹra gaan vernietig omdat hulle so sleg was.

Die engele het vir Lot gesê: ‘Maak gou! Neem jou vrou en jou twee dogters en gaan uit hierdie plek uit!’ Lot en sy gesin was ’n bietjie stadig, en daarom het die engele hulle aan die hand gevat en uit die stad gelei. Toe het een van die engele gesê: ‘Vlug vir julle lewe! Moenie omkyk nie. Vlug na die berge sodat julle nie doodgaan nie.’

Lot en sy dogters kyk reguit vorentoe terwyl hulle uit Sodom vlug

Lot en sy dogters was gehoorsaam en het van Sodom af weggevlug. Hulle het nie vir ’n oomblik gestop nie, en hulle het nie omgekyk nie. Maar Lot se vrou was ongehoorsaam. ’n Ent buite Sodom het sy gaan staan en omgekyk. Toe het Lot se vrou ’n soutpilaar geword. Kan jy haar in die prent sien?

Ons kan ’n goeie les hieruit leer. Dit wys vir ons dat God die mense red wat aan hom gehoorsaam is, maar dié wat aan hom ongehoorsaam is, sal hulle lewe verloor.

Genesis 13:5-13; 18:20-33; 19:1-29; Lukas 17:28-32; 2 Petrus 2:6-8.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel