Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 10 bl. 30
  • Dink aan die vrou van Lot

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dink aan die vrou van Lot
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Lot se vrou het omgekyk
    My boek met Bybelverhale
  • Voorbereiding vir verlossing tot in ’n nuwe wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Waarom weifel? Luister en gehoorsaam!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • God se verbond met Abraham
    Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 10 bl. 30
Lot se vrou word ’n soutpilaar terwyl Lot en sy dogters uit Sodom vlug

LES 10

Dink aan die vrou van Lot

Lot het saam met sy oom Abraham in die land Kanaän gebly. Op die ou end het Abraham en Lot so baie diere gehad dat daar nie genoeg land vir hulle almal was nie. Abraham het vir Lot gesê: ‘Ons kan nie meer saam op dieselfde plek bly nie. Kies asseblief na watter kant toe jy wil gaan, dan sal ek na die ander kant toe gaan.’ Dink jy nie dat dit onselfsugtig was van Abraham nie?

Lot het ’n baie mooi deel van die land naby ’n stad met die naam Sodom gesien. Daar was meer as genoeg water en groen gras. Daarom het hy hierdie plek gekies en saam met sy gesin daar gaan bly.

Die mense van Sodom en van ’n stad daar naby, Gomorra, was baie sleg. Hulle was so sleg dat Jehovah besluit het om hierdie stede te vernietig. Maar God wou Lot en sy gesin red, en daarom het hy twee engele gestuur om hulle te waarsku. Die engele het gesê: ‘Maak gou! Gaan uit hierdie stad uit! Jehovah gaan dit vernietig.’

Lot het nie dadelik gegaan nie. Hy het bly uitstel. Daarom het die engele Lot, sy vrou en sy twee dogters aan die hand gevat en hulle haastig uit die stad gelei. Hulle het gesê: ‘Hardloop! Vlug vir julle lewe en moenie omkyk nie. As julle omkyk, sal julle doodgaan!’

Vuur en swael reën op Sodom en Gomorra

Toe hulle by die stad Soar kom, het Jehovah vuur en swael op Sodom en Gomorra laat reën. Daardie twee stede is heeltemal vernietig. Lot se vrou was ongehoorsaam aan Jehovah en het omgekyk. Sy het in ’n soutpilaar verander! Maar Lot en sy dogters was veilig omdat hulle gehoorsaam was aan Jehovah. Hulle was seker baie hartseer omdat Lot se vrou ongehoorsaam was. Maar hulle was bly dat hulle gedoen het wat Jehovah gesê het.

“Dink aan die vrou van Lot.” – Lukas 17:32

Vrae: Hoekom het Jehovah Sodom en Gomorra vernietig? Hoekom het Lot se vrou in ’n soutpilaar verander?

Genesis 13:1-13; 19:1-26; Lukas 17:28, 29, 32; 2 Petrus 2:6-9

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel