Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 16
  • Isak kry ’n goeie vrou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Isak kry ’n goeie vrou
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • “Ek is bereid om te gaan”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • Rebekka—’n Godvrugtige vrou wat daadwerklik opgetree het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Rebekka was bereid om Jehovah se hart bly te maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Rebekka wou Jehovah bly maak
    Leer jou kinders
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 16
Isak sien Rebekka vir die eerste keer

VERHAAL 16

Isak kry ’n goeie vrou

WEET jy wie die vrou in hierdie prent is? Haar naam is Rebekka. En die man na wie sy toe loop, is Isak. Sy gaan sy vrou word. Hoe het dit gebeur?

Wel, Isak se pa, Abraham, wou ’n goeie vrou vir sy seun kry. Hy wou nie hê Isak moes met een van die vroue van Kanaän trou nie, want hierdie mense het valse gode aanbid. Daarom het Abraham sy kneg geroep en gesê: ‘Ek wil hê jy moet teruggaan na Haran waar my familielede woon en ’n vrou vir my seun Isak kry.’

Abraham se kneg het dadelik tien kamele geneem en op die lang reis vertrek. Toe hy naby die plek kom waar Abraham se familielede gewoon het, het hy by ’n put gestop. Dit was laat in die middag, die tyd wanneer die vroue van die stad uitgegaan het om water uit die put te skep. Toe het Abraham se kneg tot Jehovah gebid: ‘Mag die vrou wat vir my en die kamele water skep, die een wees wat u kies om Isak se vrou te wees.’

Kort daarna het Rebekka daar aangekom om water te kry. Toe die kneg vir haar water vra om te drink, het sy dit vir hom gegee. Toe het sy gegaan en genoeg water vir al die dors kamele geskep. Dit was harde werk, want kamele drink sommer baie water.

Toe Rebekka daarmee klaar was, het Abraham se kneg gevra wat haar pa se naam is. Hy het ook gevra of hy die nag by hulle huis kon slaap. Sy het gesê: ‘My pa is Beʹtuel, en daar is plek vir u om by ons te bly.’ Abraham se kneg het geweet dat Beʹtuel die seun van Abraham se broer Nahor was. Toe het hy gekniel en vir Jehovah dankie gesê omdat hy hom na Abraham se familielede toe gelei het.

Daardie nag het Abraham se kneg vir Beʹtuel en Rebekka se broer Laban gesê hoekom hy gekom het. Hulle het albei gesê dat Rebekka saam met hom kon gaan om met Isak te trou. Wat het Rebekka gesê toe hulle vir haar gevra het? Sy het gesê: ‘Ja’, sy wou gaan. Toe het hulle sommer die volgende dag op die kamele geklim en met die lang reis terug na Kanaän begin.

Dit was aand toe hulle daar aankom. Rebekka het ’n man in die veld sien loop. Dit was Isak. Hy was bly om Rebekka te sien. Sy ma, Sara, is net drie jaar vroeër dood, en hy was nog hartseer daaroor. Maar nou het Isak baie lief geword vir Rebekka, en hy was weer gelukkig.

Genesis 24:1-67.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel