Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 21
  • Josef se broers haat hom

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Josef se broers haat hom
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Is jy ooit jaloers? Josef se broers was
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • “Luister asseblief na hierdie droom”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • ’n Slaaf wat gehoorsaam was aan God
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • “Is ek in die plek van God?”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 21
Josef se broers verkoop hom as ’n slaaf

VERHAAL 21

Josef se broers haat hom

KYK hoe hartseer en moedeloos lyk die seun. Dit is Josef. Sy broers het hom so pas aan hierdie mans verkoop wat na Egipte toe op pad is. Daar sal Josef ’n slaaf word. Hoekom het sy halfbroers hierdie slegte ding gedoen? Dit is omdat hulle jaloers is op Josef.

Hulle pa, Jakob, was baie, baie lief vir Josef. Hy het dit gewys deur vir hom ’n pragtige lang kleed te laat maak. Toe Josef se 10 ouer broers sien hoe lief Jakob vir hom is, het hulle jaloers geraak en Josef begin haat. Maar daar was ook ’n ander rede hoekom hulle hom gehaat het.

Josef het twee drome gehad. In albei van Josef se drome het sy broers voor hom gebuig. Toe Josef vir sy broers van hierdie drome vertel, het hulle hom nog meer gehaat.

Terwyl Josef se ouer broers eendag hulle pa se skape opgepas het, vra Jakob vir Josef om te gaan kyk hoe dit met hulle gaan. Toe Josef se broers hom sien aankom, sê party van hulle: ‘Kom ons maak hom dood!’ Maar Ruben, die oudste broer, sê: ‘Nee, moenie dit doen nie!’ Hulle gryp toe vir Josef en gooi hom in ’n droë waterput. Toe gaan hulle sit om te besluit wat om met hom te doen.

Josef se broers neem geld van die Ismaeliete

Omtrent hierdie tyd kom ’n paar Ismaelitiese manne daar verby. Juda sê vir sy halfbroers: ‘Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete.’ En dit is wat hulle doen. Hulle verkoop Josef vir 20 silwerstukke. Hoe gemeen en wreed was dit tog!

Wat gaan die broers vir hulle pa sê? Hulle maak ’n bok dood en druk Josef se mooi kleed ’n hele paar keer in die bok se bloed. Dan neem hulle die kleed huis toe na hulle pa, Jakob, en sê: ‘Kyk wat het ons gekry. Is dit nie Josef se kleed nie?’

Jakob sien dat dit Josef s’n is. ‘’n Wilde dier moes Josef doodgemaak het’, roep hy uit. En dit is presies wat Josef se broers wil hê hulle pa moet dink. Jakob is baie, baie hartseer. Hy huil baie dae lank. Maar Josef is nie dood nie. Kom ons kyk wat met hom gebeur op die plek waarheen hy geneem is.

Genesis 37:1-35.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel