Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 14 bl. 40-bl. 41 par. 1
  • ’n Slaaf wat gehoorsaam was aan God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Slaaf wat gehoorsaam was aan God
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • “Hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen?”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Josef se broers haat hom
    My boek met Bybelverhale
  • Jehovah help jou om suksesvol te wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Josef in die tronk
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 14 bl. 40-bl. 41 par. 1
Josef hardloop weg vir Potifar se vrou

LES 14

’n Slaaf wat gehoorsaam was aan God

Josef was een van Jakob se jonger seuns. Sy ouer broers het gesien dat hulle pa Josef die liefste gehad het. Hoe dink jy het hulle daaroor gevoel? Hulle was jaloers op Josef en het hom gehaat. Eendag het Josef ’n paar buitengewone drome gehad, en hy het sy broers daarvan vertel. Hulle het gedink dat die drome beteken dat hulle eendag voor hom sou neerbuig. Nou het hulle hom nog meer gehaat!

Josef se broers gooi hom in ’n put

Eendag het Josef se broers skape opgepas naby die stad Sigem. Jakob het Josef gestuur om te gaan kyk hoe dit met hulle gaan. Hulle het Josef van ver af sien aankom en het vir mekaar gesê: ‘Hier kom daardie dromer. Kom ons maak hom dood!’ Hulle het hom gegryp en hom in ’n diep put gegooi. Maar Juda, een van sy broers, het gesê: ‘Moet hom nie doodmaak nie! Laat ons hom eerder as ’n slaaf verkoop.’ Hulle het Josef toe vir 20 silwerstukke aan Midianitiese handelaars verkoop wat op pad was na Egipte.

Josef se broers het sy kleed in ’n bok se bloed gedoop, die kleed na hulle pa toe gestuur en gesê: ‘Is dit nie u seun se kleed nie?’ Jakob het gedink dat ’n wilde dier Josef doodgemaak het. Hy was baie hartseer. Niemand kon hom troos nie.

Josef in die tronk

In Egipte is Josef as ’n slaaf verkoop aan ’n belangrike man met die naam Potifar. Maar Jehovah was met Josef. Potifar het gesien dat Josef ’n goeie werker is en dat hy hom kon vertrou. Ná ’n kort rukkie is Josef oor al Potifar se besittings aangestel.

Potifar se vrou het gesien dat Josef mooi en sterk is. Dag ná dag het sy Josef gevra om by haar te kom lê. Wat sou Josef doen? Hy het geweier en gesê: ‘Nee! Dit is verkeerd. My meester vertrou my, en jy is sy vrou. As ek by jou kom lê, sal ek teen God sondig!’

Eendag het Potifar se vrou Josef probeer dwing om by haar te kom lê. Sy het hom aan sy klere gegryp, maar hy het weggehardloop. Toe Potifar by die huis kom, het sy gesê dat Josef haar aangeval het. Dit was nie die waarheid nie; sy het gelieg. Potifar was baie kwaad en het Josef toe in die tronk gegooi. Maar Jehovah het nie van Josef vergeet nie.

“Onderwerp julle nederig aan die magtige hand van God, sodat hy julle op die regte tyd kan verheerlik.” – 1 Petrus 5:6

Vrae: Hoe het Josef se broers hom behandel? Hoekom is Josef in die tronk gegooi?

Genesis 37:1-36; 39:1-23; Handelinge 7:9

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel