Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 47
  • ’n Dief in Israel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Dief in Israel
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Glanspunte uit die boek Josua
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Laat Josua jou help om Jehovah moedig te dien!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Bybelboek nommer 6—Josua
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Hoe heerlik is Jehovah se naam!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 47
Agan steek die goudstaaf, silwerstukke en mooi kleed in sy tent weg

VERHAAL 47

’n Dief in Israel

KYK wat begrawe hierdie man in sy tent! ’n Mooi kleed, ’n goudstaaf en ’n paar silwerstukke. Hy het dit uit die stad Jeʹrigo geneem. Maar wat moes met die goed in Jeʹrigo gedoen word? Onthou jy?

Dit moes vernietig word, en die goud en silwer moes aan die skatkis van Jehovah se tabernakel gegee word. Hierdie mense was dan eintlik ongehoorsaam aan God. Hulle het goed gesteel wat aan God behoort. Die man se naam is Agan, en die mense by hom is lede van sy gesin. Kom ons kyk wat gebeur.

Nadat Agan hierdie goed gesteel het, stuur Josua ’n klompie mans om teen die stad Ai te veg. Maar hulle word verslaan. Party word doodgemaak, en die res vlug. Josua is baie hartseer. Hy gaan lê met sy gesig op die grond en bid tot Jehovah: ‘Hoekom het u dit met ons laat gebeur?’

Jehovah antwoord: ‘Staan op! Israel het gesondig. Hulle het van die goed gevat wat vernietig moes word of aan Jehovah se tabernakel gegee moes word. Hulle het ’n mooi kleed gesteel en dit geheim gehou. Ek sal julle nie seën voordat julle dít sowel as die een wat die goed gevat het, vernietig nie.’ Jehovah sê dat hy vir Josua sal wys wie die slegte man is.

Josua laat toe die hele volk bymekaarkom, en Jehovah wys die slegte man Agan uit. Agan sê: ‘Ek het gesondig. Ek het ’n mooi kleed, die goudstaaf en die silwerstukke gesien. Ek wou dit so graag hê dat ek dit gevat het. Julle sal dit in my tent kry waar ek dit begrawe het.’

Wanneer hulle hierdie goed kry en dit na Josua toe bring, sê hy vir Agan: ‘Hoekom het jy moeilikheid oor ons gebring? Nou sal Jehovah moeilikheid oor jou bring!’ Dan stenig die hele volk Agan en sy gesin. Wys dit nie dat ons nooit dinge moet vat wat nie aan ons behoort nie?

Daarna trek Israel weer uit om teen Ai te veg. Hierdie keer help Jehovah sy volk, en hulle wen die geveg.

Josua 7:1-26; 8:1-29.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel