Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 52
  • Gideon en sy 300 manne

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gideon en sy 300 manne
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • “Jehovah se swaard en Gideon s’n!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Gideon oorwin die Midianiete
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Ouermanne – Leer uit Gideon se voorbeeld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Jehovah—Ons beste Vriend
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 52
Gideon verdeel sy leër in groepe

VERHAAL 52

Gideon en sy 300 manne

SIEN jy wat gebeur hier? Dit is almal soldate van Israel. Die mans wat afbuig, is besig om te drink. Dit is rigter Giʹdeon wat hier by hulle staan. Hy kyk hoe hulle die water drink.

Kyk na die verskillende maniere waarop die mans drink. Party bring hulle gesigte tot by die water. Maar een bring die water met sy hand na sy mond sodat hy kan kyk wat rondom hom gebeur. Dit is belangrik, want Jehovah het vir Giʹdeon gesê om net die mans te kies wat bly rondkyk terwyl hulle drink. Die res, het God gesê, moet huis toe gestuur word. Kom ons kyk hoekom.

Die Israeliete is weer in groot moeilikheid. Dit is omdat hulle ongehoorsaam was aan Jehovah. Die mense van Miʹdian het die oorhand oor hulle gekry en behandel hulle sleg. Daarom roep die Israeliete tot Jehovah om hulp, en Jehovah luister na hulle geroep.

Jehovah beveel Giʹdeon om ’n leër op die been te bring, en Giʹdeon kry 32 000 soldate bymekaar. Maar daar is ’n leër van 135 000 mans teen Israel. En nogtans sê Jehovah vir Giʹdeon: ‘Jy het te veel mans.’ Hoekom het Jehovah so gesê?

Wel, as Israel die oorlog wen, sou hulle dalk dink dat hulle die oorlog self gewen het. Hulle sou dalk dink dat hulle nie Jehovah se hulp nodig gehad het om te wen nie. Daarom sê Jehovah vir Giʹdeon: ‘Sê vir almal wat bang is, om huis toe te gaan.’ Toe Giʹdeon dit doen, gaan 22 000 van sy soldate huis toe. Nou bly daar net 10 000 mans oor om teen daardie 135 000 soldate te veg.

Maar, luister! Jehovah sê: ‘Jy het nog te veel mans.’ Daarom sê Jehovah vir Giʹdeon om die mans by hierdie stroompie te laat drink en almal huis toe te stuur wat hulle gesigte tot by die water bring om te drink. ‘Ek sal jou die oorwinning gee met die 300 mans wat bly rondkyk het terwyl hulle gedrink het’, belowe Jehovah.

Van Gideon se soldate is oplettend en kyk rond terwyl hulle water drink

Dit word tyd vir die geveg. Giʹdeon verdeel sy 300 manne in drie groepe. Hy gee vir elke man ’n horing en ’n kruik met ’n fakkel daarin. Omtrent middernag gaan staan hulle almal rondom die kamp van die vyand. Dan blaas hulle almal saam op hulle horings en breek hulle hulle kruike en skreeu: ‘Jehovah se swaard en Giʹdeon s’n!’ Wanneer die vyand se soldate wakker skrik, is hulle verward en bang. Hulle begin almal weghardloop, en die Israeliete wen die geveg.

Rigters hoofstukke 6 tot 8.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel