Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 34 bl. 84-bl. 85 par. 2
  • Gideon oorwin die Midianiete

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gideon oorwin die Midianiete
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • “Jehovah se swaard en Gideon s’n!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Gideon en sy 300 manne
    My boek met Bybelverhale
  • Ouermanne – Leer uit Gideon se voorbeeld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Jehovah—Ons beste Vriend
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 34 bl. 84-bl. 85 par. 2
Gideon en sy manne blaas op horings, gooi kruike stukkend, waai fakkels en skree

LES 34

Gideon oorwin die Midianiete

Mettertyd het Israel weer opgehou om Jehovah te dien en valse gode begin aanbid. Die Midianiete het sewe jaar lank die Israeliete se diere gesteel en hulle oeste vernietig. Die Israeliete wou van die Midianiete af wegkom, en daarom het hulle in grotte en in die berge weggekruip. Hulle het Jehovah gesmeek om hulle te red. Jehovah het dus ’n engel na ’n jong man met die naam Gideon toe gestuur. Die engel het gesê: ‘Jehovah het jou gekies om ’n dapper, sterk soldaat te wees.’ Gideon het gevra: ‘Hoe kan ek Israel red? Ek is niks nie.’

Hoe sou Gideon weet dat Jehovah hom gekies het? Hy het ’n stuk wol op die grond gesit en vir Jehovah gesê: ‘As die wol môreoggend nat is van die dou maar die grond droog is, sal ek weet dat u wil hê dat ek Israel moet red.’ Die volgende oggend was die wol sopnat en die grond was kurkdroog! Maar toe het Gideon gevra dat die wol die volgende oggend droog moet wees en dat die grond nat moet wees. Toe dit gebeur het, was Gideon doodseker dat Jehovah hom gekies het. Hy het sy soldate bymekaargemaak om teen die Midianiete te gaan veg.

Jehovah het vir Gideon gesê: ‘Ek sal die Israeliete help om die geveg te wen. Maar omdat jy so baie soldate het, kan julle dalk dink dat julle self die geveg gewen het. Sê vir almal wat bang is dat hulle huis toe moet gaan.’ Daar was 22 000 soldate wat huis toe gegaan het en 10 000 wat agtergebly het. Toe het Jehovah gesê: ‘Daar is nog steeds te veel soldate. Bring hulle na die stroom toe, en sê vir hulle om water te drink. Laat net die manne bly wat, terwyl hulle drink, op die uitkyk is vir die vyand.’ Net 300 manne het op die uitkyk gebly terwyl hulle water gedrink het. Jehovah het belowe dat hierdie paar manne die geveg teen die 135 000 Midianitiese soldate sou wen.

Gedurende daardie nag het Jehovah vir Gideon gesê: ‘Dit is nou tyd om die Midianiete aan te val!’ Gideon het horings geneem en groot kruike waarin fakkels weggesteek was, en hy het dit vir sy manne gegee. Hy het vir hulle gesê: ‘Hou my dop en doen presies wat ek doen.’ Gideon het op sy horing geblaas, sy kruik stukkend geslaan, sy fakkel gewaai en geskree: ‘Jehovah se swaard en Gideon s’n!’ Elkeen van sy 300 manne het dieselfde gedoen. Die Midianiete was baie bang en het in alle rigtings begin hardloop. In die deurmekaarspul het hulle mekaar begin aanval. Jehovah het weer eens die Israeliete gehelp om hulle vyande te oorwin.

Verskrikte Midianitiese soldate

“Sodat dit duidelik kan wees dat die krag wat bo die normale is, van God af kom en nie uit onsself nie.” – 2 Korintiërs 4:7

Vrae: Hoe het Jehovah vir Gideon gewys dat Hy hom gekies het? Hoekom het Gideon se leërmag net 300 manne gehad?

Rigters 6:1-16; 6:36–7:25; 8:28

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel