Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 72
  • God help koning Hiskia

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God help koning Hiskia
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Koning se geloof word beloon
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
  • Hy gee ons wilsvryheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Rolmodel—Hiskia
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • Sewe herders, agt hertoë—Wat hulle vandag vir ons beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 72
Koning Hiskia bid en briewe van die koning van Assirië lê voor Jehovah se altaar

VERHAAL 72

God help koning Hiskia

WEET jy hoekom hierdie man tot Jehovah bid? Hoekom het hy hierdie briewe voor Jehovah se altaar neergesit? Die man is Hiskiʹa. Hy is die koning van die suidelike twee stamme van Israel. En hy is in groot moeilikheid. Hoekom?

Want die Assiriese leërs het alreeds die noordelike 10 stamme vernietig. Jehovah het dit laat gebeur omdat daardie mense so sleg was. En nou het die Assiriese leërs gekom om teen die tweestammeryk te veg.

Die koning van Assirië het nou net briewe aan koning Hiskiʹa gestuur. Dit is die briewe wat Hiskiʹa hier voor God neergesit het. Die briewe spot met Jehovah en sê vir Hiskiʹa om oor te gee. Dit is hoekom Hiskiʹa bid: ‘O Jehovah, red ons van die koning van Assirië. Dan sal al die nasies weet dat u alleen God is.’ Gaan Jehovah na Hiskiʹa luister?

Hiskiʹa is ’n goeie koning. Hy is nie soos die slegte konings van die tienstammeryk van Israel of soos sy slegte pa, koning Agas, nie. Hiskiʹa het sy bes gedoen om al Jehovah se wette te gehoorsaam. Daarom stuur die profeet Jesaja hierdie boodskap van Jehovah aan Hiskiʹa nadat hy klaar gebid het: ‘Die koning van Assirië sal nie in Jerusalem inkom nie. Nie een van sy soldate sal eens daar naby kom nie. Hulle sal nie ’n enkele pyl teen die stad skiet nie.’

Dooie soldate lê op die grond in die kamp van die Assiriese leër

Kyk na die prent op hierdie bladsy. Weet jy wie al hierdie dooie soldate is? Hulle is die Assiriërs. Jehovah het sy engel gestuur, en in een nag het die engel 185 000 Assiriese soldate doodgemaak. Daarom gee die koning van Assirië op en gaan hy terug huis toe.

Die tweestammeryk is gered, en die mense het ’n ruk lank vrede. Maar ná Hiskiʹa se dood word sy seun Manasʹse koning. Manasʹse en sy seun Amon ná hom is albei baie slegte konings. Daarom word die land weer vol misdaad en geweld. Wanneer koning Amon deur sy eie knegte vermoor word, word sy seun Josiʹa koning van die tweestammeryk.

2 Konings 18:1-36; 19:1-37; 21:1-25.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel