Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 103
  • In ’n geslote kamer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • In ’n geslote kamer
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Leë graf – want Jesus lewe!
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • “Ek het die Here gesien!”
    Volg hulle geloof na
  • Jesus word lewend gemaak
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • God onthou sy Seun
    Leer by die Groot Onderwyser
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 103
Die verrese Jesus verskyn aan sy dissipels

VERHAAL 103

In ’n geslote kamer

NADAT Petrus en Johannes weggegaan het van die graf waar Jesus se liggaam was, bly Maria alleen agter. Sy begin huil. Dan buk sy vooroor en kyk in die graf in, soos ons in die vorige prent gesien het. Daar sien sy twee engele! Hulle vra vir haar: ‘Hoekom huil jy?’

Maria antwoord: ‘Hulle het my Here weggevat, en ek weet nie waar hulle hom gesit het nie.’ Dan draai Maria om, en sy sien ’n man. Hy vra vir haar: ‘Wie soek jy?’

Maria dink dat die man die tuinier is, en dat dit dalk hy was wat Jesus se liggaam weggevat het. Daarom sê sy: ‘As jy hom weggevat het, sê vir my waar jy hom gesit het.’ Maar die man is eintlik Jesus. Hy het ’n liggaam aangeneem wat Maria nie herken nie. Maar wanneer hy haar op haar naam noem, weet Maria dat dit Jesus is. Sy hardloop en vertel vir die dissipels: ‘Ek het die Here gesien!’

Later daardie dag, terwyl twee dissipels na die dorp Emʹmaus toe loop, begin ’n man saam met hulle loop. Die dissipels is baie hartseer omdat Jesus doodgemaak is. Maar terwyl hulle loop, verduidelik die man baie dinge uit die Bybel, en dit laat hulle beter voel. Uiteindelik, wanneer hulle stop om iets te eet, besef die dissipels dat hierdie man Jesus is. Dan verdwyn Jesus, en hierdie twee dissipels gaan gou die hele pad terug na Jerusalem toe om vir die apostels daarvan te vertel.

Intussen verskyn Jesus ook aan Petrus. Die ander raak opgewonde wanneer hulle dit hoor. Dan gaan hierdie twee dissipels na Jerusalem toe en kry die apostels. Hulle vertel vir die apostels hoe Jesus op die pad ook aan hulle verskyn het. En weet jy watter verbasende ding gebeur terwyl hulle nog vir die ander hiervan vertel?

Kyk na die prent. Jesus verskyn daar in die kamer, selfs al is die deur gesluit. Hoe bly is die dissipels tog! Wat ’n opwindende dag! Kan jy tel hoeveel keer Jesus nou al aan sy volgelinge verskyn het? Kry jy ook vyf?

Die apostel Tomas is nie saam met hulle wanneer Jesus verskyn nie. Daarom vertel die dissipels vir hom: ‘Ons het die Here gesien!’ Maar Tomas sê hy wil eers self vir Jesus sien voordat hy dit glo. Wel, agt dae later is die dissipels weer saam in ’n geslote kamer, en hierdie keer is Tomas saam met hulle. Skielik verskyn Jesus daar in die kamer. Nou glo Tomas.

Johannes 20:11-29; Lukas 24:13-43.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel