Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 105
  • Hulle wag in Jerusalem

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle wag in Jerusalem
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Die dissipels ontvang heilige gees
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Honderde sien hom voor Pinkster
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Laaste verskynings, en Pinkster 33 G.J.
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Laaste verskynings, en Pinkster 33 G.J.
    Die grootste mens wat nog geleef het
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 105
’n Vuurtong verskyn bokant elke dissipel se kop

VERHAAL 105

Hulle wag in Jerusalem

HIERDIE mense is Jesus se volgelinge. Hulle was gehoorsaam aan hom en het in Jerusalem gebly. En terwyl hulle almal saam wag, vul ’n geraas die hele huis. Dit klink soos ’n sterk wind wat waai. En dan verskyn ’n vuurtong bokant elke dissipel se kop. Kan jy die vuur bokant elkeen van hulle sien? Wat beteken dit alles?

Dit is ’n wonderwerk! Jesus is terug in die hemel by sy Vader, en hy stort God se heilige gees op sy volgelinge uit. Weet jy wat hierdie gees hulle laat doen? Hulle begin almal in verskillende tale praat.

Baie mense in Jerusalem hoor die geluid wat soos ’n sterk wind klink, en hulle kom kyk wat gebeur. Party van die mense is uit ander nasies wat vir die Israelitiese Pinksterfees hierheen gekom het. Wat ’n verrassing kry hierdie besoekers tog! Hulle hoor hoe die dissipels in hulle eie tale praat oor die wonderlike dinge wat God gedoen het.

‘Hierdie mense kom almal uit Galileʹa’, sê die besoekers. ‘Hoe is dit dan dat hulle kan praat in die verskillende tale van die lande waar ons vandaan kom?’

Petrus staan nou op om vir hulle te verduidelik. Met ’n harde stem vertel hy vir die mense hoe Jesus doodgemaak is en dat Jehovah hom opgewek het. ‘Nou is Jesus in die hemel aan die regterhand van God’, sê Petrus. ‘En hy het die beloofde heilige gees uitgestort. Dit is hoekom julle hierdie wonderwerke sien en hoor.’

Wel, wanneer Petrus hierdie dinge sê, is baie van die mense baie jammer oor wat aan Jesus gedoen is. ‘Wat moet ons doen?’ vra hulle. Petrus sê vir hulle: ‘Julle moet julle lewens verander en gedoop word.’ Daarom laat omtrent 3 000 mense hulle op daardie dag doop en word hulle volgelinge van Jesus.

Handelinge 2:1-47.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel