Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 94 bl. 220-bl. 221 par. 1
  • Die dissipels ontvang heilige gees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die dissipels ontvang heilige gees
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulle wag in Jerusalem
    My boek met Bybelverhale
  • ‘In die naam van die heilige gees’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Jehovah is ons heerser!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Honderde sien hom voor Pinkster
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 94 bl. 220-bl. 221 par. 1
Mense in Jerusalem is verbaas om te hoor hoe Jesus se dissipels met elkeen van hulle in hulle eie taal praat

LES 94

Die dissipels ontvang heilige gees

Tien dae nadat Jesus teruggegaan het hemel toe, het sy dissipels heilige gees ontvang. Dit was Pinkster 33 HJ, en mense het van baie plekke af na Jerusalem gekom om dit te vier. Omtrent 120 van Jesus se dissipels het in die bo-kamer van ’n huis bymekaargekom. Skielik het iets buitengewoons gebeur. Iets wat soos ’n vlam gelyk het, het bo elke dissipel se kop verskyn, en hulle almal het in verskillende tale begin praat. ’n Harde geluid wat soos ’n windstorm geklink het, het die huis gevul.

Mense uit ander lande wat Jerusalem besoek het, het die geluid gehoor en na die huis toe gehardloop om te sien wat aan die gang was. Hulle was verbaas toe hulle hoor dat die dissipels in tale praat wat hulle kon verstaan. Hulle het gesê: ‘Maar hierdie mense is van Galilea. Hoe is dit moontlik dat hulle ons tale kan praat?’

Petrus en die ander apostels het toe voor die groep mense gaan staan. Petrus het vir die mense vertel hoe Jesus doodgemaak is en dat Jehovah hom uit die dood laat opstaan het. Petrus het gesê: ‘Jesus is nou in die hemel aan die regterhand van God, en hy het heilige gees uitgestort net soos hy belowe het. Dit is hoekom julle hierdie wonderwerke gesien en gehoor het.’

Die mense is diep geraak deur Petrus se woorde en het gevra: “Wat moet ons doen?” Hy het vir hulle gesê: ‘Julle moet jammer wees oor wat julle verkeerd gedoen het, dit nie weer doen nie en gedoop word in die naam van Jesus. Julle sal ook die heilige gees ontvang.’ Op daardie dag is daar omtrent 3 000 mense gedoop. Van toe af het die dissipels in Jerusalem vinnig meer geword. Met die hulp van die heilige gees het die apostels nog gemeentes gevorm sodat hulle vir die dissipels al die dinge wat Jesus hulle beveel het, kon leer.

“As jy met jou mond in die openbaar bekend maak dat Jesus Here is en in jou hart geloof beoefen dat God hom opgewek het, sal jy gered word.” – Romeine 10:9

Vrae: Wat het op Pinkster 33 HJ gebeur? Hoekom is so baie mense gedoop?

Handelinge 1:15; 2:1-42; 4:4; Johannes 15:26

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel