Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 108
  • Op die pad na Damaskus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Op die pad na Damaskus
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus kies Saulus
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Die vervolger sien ’n groot lig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Kan mense wat slegte dinge doen, verander?
    Leer by die Groot Onderwyser
  • Saulus se predikingswerk wek vyandskap
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 108
’n Helder lig skyn op die pad na Damaskus, en Saulus val op die grond

VERHAAL 108

Op die pad na Damaskus

WEET jy wie lê daar op die grond? Dit is Saulus. Jy onthou mos, dit was hy wat die klere opgepas het van die mans wat Steʹfanus gestenig het. Kyk na daardie helder lig! Wat gebeur?

Nadat Steʹfanus doodgemaak is, neem Saulus die leiding daarin om na Jesus se volgelinge te soek sodat hy hulle sleg kan behandel. Hy gaan van een huis na die ander en sleep hulle uit en gooi hulle in die tronk. Baie van die dissipels vlug na ander stede en begin die “goeie nuus” daar verkondig. Maar Saulus gaan na ander stede om Jesus se volgelinge te soek. Hy is nou op pad na Damaskus toe. Maar op pad gebeur ’n verbasende ding:

Skielik flits ’n lig uit die hemel rondom Saulus. Hy val op die grond, soos ons hier sien. Dan sê ’n stem: ‘Saul, Saul! Waarom vervolg jy my?’ Die mans saam met Saulus sien die lig en hoor die geluid van die stem, maar hulle kan nie verstaan wat gesê word nie.

‘Wie is u, Here?’ vra Saulus.

‘Ek is Jesus, die een wat jy vervolg’, sê die stem. Jesus sê dit omdat dit vir hom voel asof Saulus hom vervolg wanneer Saulus sy volgelinge vervolg.

Saulus vra nou: ‘Wat moet ek doen, Here?’

‘Staan op en gaan in Damaskus in’, sê Jesus. ‘Daar sal jy vertel word wat jy moet doen.’ Wanneer Saulus opstaan en sy oë oopmaak, kan hy niks sien nie. Hy is blind! Daarom moet die mans wat saam met hom is, sy hand vat en hom in Damaskus inlei.

Jesus praat nou met een van sy dissipels in Damaskus en sê: ‘Staan op, Ananiʹas. Gaan na die straat wat Reguit genoem word. Vra by die huis van Judas vir ’n man met die naam Saulus. Ek het hom gekies om ’n spesiale kneg van my te wees.’

Ananiʹas gehoorsaam Jesus. Wanneer hy Saulus ontmoet, sit hy sy hande op hom en sê: ‘Die Here het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met heilige gees vervul kan word.’ Dadelik val iets wat soos skubbe lyk, van Saulus se oë af, en hy kan weer sien.

Saulus word op ’n wonderlike manier gebruik om vir mense van baie nasies te preek. Hy raak bekend as die apostel Paulus, van wie ons nog baie sal leer. Maar kom ons kyk eers wat God vir Petrus stuur om te doen.

Handelinge 8:1-4; 9:1-20; 22:6-16; 26:8-20.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel